kategorieë: Video'sOntspanning

Die wêreld se langdurendste reënboog

Het jy geweet die rekord vir die langste durende (opgetekende) reënboog is verlede week in Taipei, Taiwan gebreek?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Op 30 November 2017 kon inwoners van hierdie Taiwanese stad ’n reënboog sien wat 8 uur en 58 minute lank geskyn het tussen 06h57 en 15h55. Die vorige rekord is gehou deur ’n reënboog wat verskyn het in Sheffield, Yorkshire, Engeland wat ses ure lank geduur het op 14 Maart 1994.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Volgens die BBC en die Britse koerant The Guardian het studente en dosente aan die Chinese Kultuuruniversiteit in Taipei die reënboog waargeneem en noukeurig opnames gemaak om die verskynsel op te teken. Twee dosente aan dié universiteit se Departement van Atmosfeerwetenskappe, Chou Kun-hsuan en Li Chung-huang, het aan hul studente opdrag gegee om soveel moontlik foto’s en ander beeldmateriaal te neem om hierdie reënboog se duur op te neem, veral omdat daar vroeër daardie week reeds ’n reënboog was wat ses ure aaneen verskyn het. Reënboë verdwyn glo gewoonlik binne een uur …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Daar is op die ou einde ongeveer 10 000 foto’s en video’s van die reënboog geneem en die professore aan die universiteit wil aansoek doen vir ’n Guinness Wêreldrekord.

Die rede waarom die reënboog vir so lank gesien kon word is as gevolg van die seisoenale noord-oos moeson wat waterdruppels in die lug vasgevang het om wolke te vorm. Hiermee saam was daar ’n lae windspoed en net genoeg sonskyn om te verseker dat die reënboog vir so lank sigbaar was – natuurlik vanuit spesifieke hoeke. Hierdie weerstoestande is algemeen tydens die winter in die Yangmingshanbergreeks om Taipei, waar die universiteitskampus geleë is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kyk na die video van CBS News hier:

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

2 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

2 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

2 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

2 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.