Ons deel ons 5 gunstelingkoffiewinkels in Suid-Afrika!
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }1 Truth Coffee, Kaapstad
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Die koffiewinkel is “steampunk inspired” (soos beskryf deur The Telegraph), en die dekor slaan jou asem weg wanneer jy daar instap. Maar, koffieslawe klop nie net aan die deur as gevolg van die dekor nie. Al die koffie word met die hand gerooster, nogal in ’n antieksjiek gietysterdrom.
36 Buitenkantstraat, Kaapstad
www.truthcoffee.com
2 The Whippet, Linden
The Whippet is deur die omgewing en mense van Linden geïnspireer en beslis ’n gunsteling onder inwoners (en ander Johannesburgers). Die koffie, kos, dekor en veral die atmosfeer is aanloklik en hul cappuccino is hemels.
34 7de straat, Linden, Randburg
www.thewhippetcoffee.com
3 Bean There Coffee Company in Milpark
Bean There Coffee (44 Stanley) is onlangs aangewys as een van die top 10 “kantore” in Johannesburg. Dit is die ideale plek om op jou skootrekenaar te sit en werk terwyl jy aan van die lekkerste koffie in die stad teug.
44 Stanley, Johannesburg
www.beanthere.co.za
4 Meraki, Stellenbosch
Meraki is ’n klein koffiewinkeltjie in die hartjie van Stellenbosch. Hul passie lê daarin om besoekers met “liefde + passie” te bedien. Ons hou daarvan om tussen die eikebome te sit en ontspan.
42 Ryneveld Straat, Stellenbosch, Weskaap
www.facebook.com
5 Bootlegger Coffee Co. Kaapstad
Die eienaars van Bootlegger Coffee Co. in Kaapstad is baie passievol oor goeie koffie en hulle bedien slegs kos wat van die beste, plaaslike bestanddele gemaak word. Die koffiewinkel maak soggens reeds om 6:30 oop, ideaal vir wanneer jy wil ontspan na jou oggendfietsry- of drafsessie!
39-41 Regent Straat, Kaapstad
www.bootlegger.co.za
Met meer as $1 miljard wat deur ervare beleggers, soos RisCura aan waagfondse in China…
Die inwoners van Gemoedsdrif moet weereens moeilike keuses maak, geheime hanteer en hoop vind te…
Genoeg vir 4. Bestanddele ½ ciabattabrood 5 ml (1 t) gekapte knoffel ’n…
Hier is vyf storielyne wat Suidooster-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik…
Deur Thinus Ferreira. Foto's: Verskaf/Netflix Die stromingsdiens Netflix bederf binnekort Afrikaanse kykers met nóg…
Hierdie webwerf gebruik koekies.