kategorieë: Ouerskap

Die voordele en nadele van tuisskoling

Het jy geweet die algehele gehalte van ons onderwysstelsel lê 139ste op die lys van 143 lande?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die voordele van tuisonderrig

• Tuisponderrig bied ’n veilige, meer ontspanne en geborge leeromgewing. Kinders word nie aan groepsdruk, boelies, ongesonde kompetisie of die afbrekende aanmerkings van ander leerders of onderwysers blootgestel nie.
• Ouers kan uit ’n verskeidenheid kurrikulums een kies wat by die spesifieke kind se persoonlikheid, begaafdhede, behoeftes of probleme pas om werklik optimale leer en ontwikkeling moontlik te maak.
• Bouwe van der Eems sê kinders vorder teen hul eie tempo en die kind se sukses word gemeet teen sy eie vermoë en nie volgens ’n voorgeskrewe kurrikulum nie, wat kinders ’n groter belewenis van sukses kan gee.
• Kinders werk in hul eie pas en hul tyd word beter benut.
• Daar is meer tyd om werk behoorlik onder die knie te kry voordat na volgende werk aanbeweeg word. Tuisskolers vorder dikwels vinniger, want geen tyd word aan administrasie of dissiplinering van ander kinders afgestaan nie.
• Losser en aanpasbaarder skedules gee kinders meer tyd om ander belangstellings en aktiwiteite te ontwikkel en uit te leef. Tuisskolers bring meer tyd saam met hul gesin deur en dit versterk dikwels bande tussen ouers en kinders, en ook tussen kinders.
• Dit bied kinders een-tot-een aandag.
• Dit maak dit vir ouers moontlik om hul waardes en morele oortuigings ook deel van die kind se opvoeding en onderrig te maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die nadele van tuisonderrig

• Die kind mis die geleentheid, insette, stimulasie, inspirasie en blootstelling wat ’n verskeidenheid onderwysers met verskillende persoonlikhede en begaafdhede in sy lewe kon hê.
• Dis ’n baie groot verantwoordelikheid wat dikwels meestal net op een ouer se skouers rus en verg groot toewyding, insette en voortdurende studie van die ouer.
• Dis soms moeiliker om deel van sportspanne en ander groepsaktiwiteite te word. Kinders loop gesonde mededinging en kompetisie mis, waaraan hulle later in hul lewe blootgestel kan word.
• Dit kan vir die gesin ’n verlies aan inkomste beteken omdat een ouer nie werklik ekonomies aktief kan wees nie.
• Tuisskolers het dikwels minder sosiale interaksie, en ontmoet minder mense, wat die keuse van vriende kan beperk. Ekstroverte met ’n groot behoefte aan sosialisering kan dit alleen en sosiaal beperkend ervaar.
• Kinders kan in sommige gevalle ’n beperkte en indoktrinerende blootstelling aan filosofiese, religieuse en wêreldbeskouings kry.
• Kritiek en weerstand van ander mense oor die keuse, en gevolglike voortdurende regverdiging van die besluit.
• Toelating tot tersiêre instellings kan in sekere gevalle moeiliker wees, afhangende van watter tuisonderrigopsie die ouers gekies het.
• Tuisskolers het dikwels minder hulpbronne as skole beskikbaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

3 days Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

3 days Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

3 days Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

3 days Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.