Deur: Susra Matthee.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Weet jy watter styl romp die beste by jou pas? Terwyl die rompe almal mooi lyk, raai ons jou aan om ’n snit te dra wat jou beste eienskappe vlei en beklemtoon. Byvoorbeeld, skep kurwes met A-lyn-rompe of ’n uurglasfiguur met ’n noupassende snit.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
’n Lang lyf laat jou toe om ’n midiromp saam met sandale of ander plat skoene te dra. Voeg ’n T-hemp en skouersak by vir die perfekte naweekstyl. As jy kort is kan jy ’n verslankende silhoeët skep deur hoë hakke te dra.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Indien jy klein en fyn gebou is, kan jy wegkom met ’n miniromp. Gebruik die rompie om jou klein raamwek volume te gee. Dra ’n vintage-geïnspireerde denimromp met ’n kleeftoppie om jou hele lyf af te wys. Maak seker jou romp sit nie reg in die middel van jou bene nie; laat die onderste gedeelte van jou knieë uitsteek om jou bene langer te laat vertoon.
’n Noupassende romp wat net onder jou knieë sit is meer vleiend om kurwes te beklemtoon as ’n korter snit. Dit pas perfek en omvou jou lyf sodat dit jou natuurlike kurwes vlei. Spog met jou uurglasfiguur deur ’n rekbare, noupassende denimromp saam met ’n ingesteekte knopieshemp te dra. Jy kan enige kleur hemp saam met denim dra, maar denim-op-denim is nou hoogmode. Boonop is dit ’n maklike voorkoms vir die kantoor of ’n ete-aspraak.
Skep die illusie van kurwes deur ’n A-lyn knopiesromp wat ook jou bene langer laat lyk. Dra dit in die somer met inglipskoene en ’n ingesteekte T-hemp en in die winter met kouse en enkelstewels. Vir ’n minimalistiese styl hou by die klassieke denim-mini met ’n wit knopieshemp.
Lees ook: ’n Lenteregruk vir jou lewe
In vandeesweek se episode het glanssjef Bertus Basson en koskenner Kobus Botha met nog ’n…
Hierdie bruintjie-kolwyntjie-resep is baie maklik en regtig smullekker! Deur Vickie de Beer
Sandi Schultz verras weer in Diepe Waters (kykNET, DStv kanaal 144), maar dié keer as…
Rob Hersov is vir sommige ’n held, en vir ander ’n omstrede figuur as gevolg…
Deur Maretha Botes. Foto’s: Hanneri de Wet Wanneer Schané Fouché (32) haar hare…
Hierdie webwerf gebruik koekies.