kategorieë: DekorLeefstyl

Die vier dekorvoorkomste vir jou slaapkamer wat jy in 2020 moet omhels

Die vier dekorvoorkomste vir jou slaapkamer wat jy in 2020 moet omhels. Deur Cornel Dunn. Hooffoto: iStock/KatarzynaBialasiewicz

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1. Skandinawiese eenvoud

Van die deurdagte onperfekte kwaliteite van die wabi-sabi styl tot die eenvoud van Skandinawiese eenvoud is groot vir 2020.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vir diegene wat nie die wabi-sabi styl ken nie – dit is ’n voorkoms wat onperfeksie uitbeeld, onpermanent en onvoltooid is. Jy hoef dus nie heeldag te stryk nie omdat die effe gekreukelde beddegoed deel vorm van die sjarme. Dis mos nou ’n bonus, of hoe!

Dink ook aan sorgeloos gestrooide kussings, lakens en kussingslope wat nie pasmaats is nie en natuurlike teksture soos wol, katoen en linne.

Lees ook: Moenie hierdie 7 foute maak wanneer jy weer ’n matras koop nie

100% Linne paslaken (R1 800) Weylandts

2. Unieke Boheemse aanslag

Eklektiese, kunssinnige en unieke Boheemse beddegoed is ideaal om ’n kreatiewe omgewing te skep.

Meng en pas jou gunsteling patrone, teksture en style om ’n omgewing te skep wat tot jou spreek.

#rrWenk: Gebruik ’n verskeidenheid van deurgestikte dekens, komberse, lakens en strooikussings om hierdie dekorvoorkoms te skep.

Lees ook: Ses skoonmaakfoute vir meubels wat jy nooit mag maak nie

Kry hierdie voorkoms by Mr Price Home Die vier dekorvoorkomste vir jou slaapkamer wat jy in 2020 moet omhels

3. Nouveau neutrale swart en wit

Alhoewel ons steeds in die style vir 2020 baie kleur sien is die klassieke swart en wit baie gewild. Dit is tydloos.

Die neiging wissel van eenvoudige wit beddegoed met subtiele swart afwerking tot baldadige patrone in hierdie kleure. Maak gebruik van eenvoudige aksente en gestroopte bykomstighede om by die styl te hou.

#rrWenk: Meng patrone in wit en swart of vir ’n kleurvoller persoonlikheid, voeg helder aksente soos skelpienk by vir ekstra drama.

Lees ook: Die moets en moenies van helder kleure in jou huis

Swart en wit duvet-stel (R799) Superbalist.

4. Tekstuur en tossels

Hier gaan alles oor tekstuur – en sommer baie daarvan! Pom-poms, tossels, fraiings en gemengde tekstiele voeg hope karakter sonder die oordadige gebruik van kleur.

Koop ’n oorgooideken met tossels om aan die onderkant van jou bed te sit.

Strooikussings kan oordadig gebruik word.

#rrWenk: Kyk veral na fluweel, faux pels en handgebreide bykomstighede.

Lees ook: Jy kan self die mooiste houttafeltjie vir jou slaapkamer maak

Geknoopte oorgooideken met tossel-detail (R899) @Home

Kussing met tossel-detail (R399) @Home Die vier dekorvoorkomste vir jou slaapkamer wat jy in 2020 moet omhels

Oorgooideken met fraaiings (R429) @Home

Verskaffers:

Weylandts | weylandts.co.za

Mr Price Home | mrpricehome.co.za

@Home | home.co.za

Superbalist | superbalist.com

Lees ook: Jy kan self die mooiste inkopiesakke maak

Deel
Gepubliseer deur
Cornel Dunn

Onlangse plasings

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

2 hours Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

21 hours Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

22 hours Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

23 hours Gelede

Kleur in met strooikussings

Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…

1 day Gelede

4 geheime van gesonde, gebalanseerde vroue

  1 Eet stadig Die praktyk van hara hachi bu hou die mense van Okinawa…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.