kategorieë: Leef gesond

Die verskil tussen dermapigmentasie & kosmetiese tatoes

Tanya Swiegers-Loots is die enigste opgeleide dermapigmenttegnikus in Suid-Afrika wat in tepel/areola-restorasie spesialiseer. Hierdie oud-kunstenaar het na haar eie ervaring met borskanker besef dat Suid-Afrikaners nie dieselfde opsies vir die restoraise van tepels het as ander lande nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Die werk wat ek hier gesien het was plat en twee-dimensioneel. Toe ek begin oplees, het ek gou besef dat die veld van dermapigmentasie hier nog grootliks onbekend is. By ons doen enkele plekke kosmetiese tatoes, maar dit voldoen nie regtig aan die standaarde nie.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat is dermapigmentasie dan?

Tanya verduidelik dat dit by die definisie begin – letterlik by die soort werk wat met dermapigmentasie en met kosmetiese tatoes bedoel word.

“Kosmetiese tatoes gaan meer oor werk aan die gesig en voorkoms. Dermapigment-tegnici werk in die mediese veld, en herstel littekens, operasiemerke, geboortevlekke, brandwonde en so aan. Ek fokus net op tepelrestorasie.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die tweede verskil kom by opleiding in.

“Dermapigment-tegnici voltooi spesifieke gesertifiseerde paramediese kursusse en oefen baie ure op varkvel, en moet eers ons tegnieke bemeester voor ons met pasiënte mag werk.

Ons word ook opgelei om beskadigde vel te verstaan, wat na mediese behandeling baie dun of dik kan wees of  verrek het, en so aan. Kosmetiese tatoërkunstenaars werk met gesonde, ongeskonde vel en word nie hiervoor opgelei nie.

Ons benadering is ook effens anders: littekens en velskades is ons kos. Ons uitdaging is juis hoe ons dit kan inspan om dit deel te maak van die ‘normale’ voorkoms. ’n Vaardige dermapigmenttegnikus sal byvoorbeeld die littekens en velvoue om die geopereerde tepel ook inspan om ’n drie-dimensionele effek te skep.

Daarby gebruik ons mediese tatoe-ink wat getoets is en veilig is vir menslike gebruik. Na borskanker moet jy nie jou gestel oorlaai met ink wat verdag en/of toksies is nie. Dermapigmentasie is by verre veiliger as gewone tatoeëring, waar ink meestal nie van ’n mediese graad is nie.

Laastens gebruik ons ’n hoë definisie digitale tatoepen, nie die gewone tatoemasjien nie. Ons kan dus baie fyner werk en beplan.

Lees ook

• Hoe om die perfekte tepeltatoe te kies

• 3 Belangrike keuses om oor tepeltatoes na borskanker te maak

• Lees meer omtrent Tanya se werk hier

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

2 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

2 hours Gelede

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

4 hours Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

4 hours Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

22 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

23 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.