1 Meng die gis en water in die bak van ’n elektriese menger tot opgelos. Sit die deeghaak aan. Gooi die res van die bestanddele by en meng goed.Sjokolade-en-amandel-vlegsel
Ingredients
Instructions
2 Knie vir 4-5 min. of tot die deeg glad is.
3 Sit die deeg in ’n bak wat met olie gesmeer is en maak met kleefplastiek toe. Laat rys vir 30 min. of tot dubbel die grootte.
4 Smelt intussen die helfte van die sjokolade op die ontvriesstelling van die mikro-golfoond. Roer die karamel deur tot dit heeltemal glad is.
5 Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n groot bakplaat met bakpapier uit.
6 Knie die deeg af en rol ’n lang reghoek uit. Sit vir 15 min. op ’n bakplaat in die yskas.
7 Smeer die gesmelte sjokolade-en-karamel-mengsel eweredig oor die deeg maar los ’n rand van 1,5 cm rondom oop. Strooi die res van die sjokolade, amandels en rosyne (dreineer dit eers) oor die sjokolade en rol die deeg styf toe in ’n lang silindervorm. Sit vir nog 15 min. in die yskas.
8 Sny die deeg in die lengte middeldeur, maar moenie die bopunt deursny nie. Draai die twee stroke na bo sodat die gesnyde kant na bo wys en vleg die 2 stroke oor mekaar.
9 Maak seker die gesnyde deel wys heeltyd na bo. Bring die punte bymekaar en knyp styf saam om ’n netjiese sirkel te vorm.
10 Verf die deeg met die eiermengsel en bak vir 25-30 min. of tot goudkleurig en gaar.