kategorieë: Ons menseBekendes

Die Tuindwergies steek grense oor

Beskryf die band. Wie is Die Tuindwergies?
Die Tuindwergies is ’n 5-piece Country Folk Rock band wat bestaan uit twee pare broers en Naas van Jaarsveld, Jean en Emile Swiegers, Pieter en Dawie de Jager.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Wat wil julle hê moet mense se reaksie oor die tweede album wees?
Ons wil graag hê mense moet ons groei as musikante waarneem van die eerste na die tweede album. Basies wil ons hê mense moet dink dis ’n beter album.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wat bedoel julle met die albumtitel: Terwyl die Donker Wolke Dans?
Dis ’n liriek uit die eerste lied op die CD, Golwe, wat gaan oor klimaatverandering.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Is daar ’n liedjie wat uitstaan bo die res?
Elkeen in die groep het sy gunsteling maar daar is ’n paar van die songs wat uitstaan vir ons as band. Golwe, Skemer en geraas, Paar stappe voor.

Julle akoestiese show was amazing! Ek dink julle moet ’n akoestiese album opneem. Sal julle dit ooit oorweeg?
Ons sal dit verseker oorweeg, ons glo dit is een van ons sterkpunte om wel akoesties te kan optree.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Julle lirieke is nogal diep. Wie of wat inspireer julle?
Ons raamwerk van inspirasie rek wyd van interessante mense tot die natuur en selfs verhoudings.

Hoe voel julle oor Afrikaans?
Ons is trots om Afrikaans se wees en ons taal te verteenwoordig, daarom maak ons musiek in Afrikaans!

Wanneer is die beste tyd om te skryf?
Ek dink nie daar is ’n beste tyd om iets te skryf nie, ons skryf meestal oor persoonlike ervaringe en jy kan nie bepaal wanneer jy watter ervaringe beleef nie.

Julle doen ’n song saam met Francois van Coke. Waaroor handel dit?
Dis ’n energie-belaaide, rock ’n roll lied wat ’n groepie van ons saam geskryf het om die diversiteit van die dwerge uit te beeld. Ons het vir Francois ingeroep nadat die song geskryf is om daardie growwe klank in die koor in te bring.

As julle saam met enige kunstenaar kan werk, wie sal dit wees?
Ons sal graag saam met David Kramer “Meisie sonner sokkies” lewendig wil optree.

Waaroor sal julle nooit sing nie?
Ek dink nie ons is beperk om nie oor enige iets te sing nie, maar ons is nie ’n protes
band nie so ons sal nie oor politiek sing nie.

2 broers en nog 2 broers maak ’n familie… Wat doen julle as julle mekaar irriteer?
Jean en Emile kan lekker geïrriteerd raak met mekaar oor watter musiek ons in die bus op toer luister. Verder as dit irriteer ons mekaar nie regtig nie.

Beskryf julle ideale dag.
Staan laat op, op die Mosambiekse strande, berei ’n oortollige hoeveelheid kos voor vir breakfast, vang vis, braai, maak ’n vuur en laat die bosveld-TV ons tot laataand vermaak.

Wat was julle in jul vorige lewe?
Pieter en Naas was 2 Bassets in ’n rykman se tuin.
Dawie was ’n kabouter.
Jean was ’n sjef.
Emile was Jimi Hendrix.

As julle ’n tweede band moet begin, wat sal die naam wees?
Die Blaf. Ons almal hou van honde!

Wat is jul gunsteling sêding?
Kontant in die hand is beter as vee op die land.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

4 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

10 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

11 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

11 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

11 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

12 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.