Die tragiese saak van Pamina Vermaak word ’n fliek

Die verfilming aan dié romantiese komedie het reeds begin en die rolverdeling sluit jong talent en verskeie Suid-Afrikaanse legendes in.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Carla Smith (Tydelik terminaal, Ekstra medium, Troukoors) is te sien as Pamina Vermaak, wat druipstert na haar ma-hulle terugkeer nadat sy haar werk verloor het. Ook op die Weskusdorp Witwaterbaai, waarheen Pamina gesweer het sy nooit weer sal terugkeer ná ’n fiasko 11 jaar gelede nie, is die rock-ster Wolf de Jager. Hy kom kruip weg nadat sy verloofde, die aktrise Daniella du Toit, hom verneuk het. Dit is natuurlik onafwendbaar dat Pamina en Wolf se paaie kruis …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Christiaan Schoombie (Troukoors, Desert Rose, Binnelanders) is te sien as Wolf en ander spelers in die rolverdeling sluit in Anna-Mart van der Merwe, Lee-Ann van Rooi, Albert Pretorius en Duane Williams met kameeverskynings deur Hélène Truter, Rolanda Marais, André Roothman en Armand Aucamp.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die regisseur is Kabous Meiring, wat, onder meer, as aanbieder van Prontuit op kykNET bekend is. Go2 Content, in samewerking met The Film Factory, is die vervaardigers met Kabous, Jaco Nothnagel en Danie Bester aan die stuur.

Die draaiboek is aanvanklik deur Elanie Rupping (Tydelik terminaal, Mense Mense, Sterlopers) geskryf en toe verder deur Bibi Slippers, Kabous, Jaco, Danie, Tina Kruger en Annie Klopper ontwikkel.

“Ek dink elke persoon se bydrae, klein of groot, maak hierdie draaiboek uniek en baie eerlik,” sê Jaco. “Om nou die woorde in die akteurs se monde te hoor en met Kabous in haar element as regisseur, is die kersie op die koek.”

Die tragiese saak van Pamina Vermaak word, onder meer, in Kaapstad, Velddrif, Laaiplek en St. Helenabaai verfilm. Die rolprent sal by die 2023 kykNET Silwerskermfees première en sal daarna op DStv BoxOffice beskikbaar wees.

“Ons hou duim vas dat die wind ons nie wegwaai nie en ons koop sonbrandroom in grootmaat aan. Die dorpies se sjarme en asemrowende sonsondergange het ons almal se harte gesteel,” sê Jaco. “Dit is die derde produksie wat Go2 Content buite die stad skiet en ek is weereens geroer deur die plaaslike gemeenskappe se gasvryheid en ondersteuning.”

Lees ook: Nuwe rolprent bied ’n kykie in die verbeeldingswêreld van Emily Brontë

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

3 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

4 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

4 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

4 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

4 hours Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

5 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.