kategorieë: FiksheidGesondheid

Die Telkom 947 Cycle Challenge word op sy kop gekeer

Deur Anet Schoeman. Foto: Pavel1964/istock images

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

As jy nog ’n goeie verskoning soek om in te skryf vir die Telkom 947 Cycle Challenge het die organiseerders dit onlangs voorsien. Na 22 jaar word dit agterstevoorom gery. Die nuwe einde gaan aansienlik meer afdraande hê vir diegene wat teen daardie tyd vreemde tale kan praat weens hitte en heuwels. Nou is die meeste heuwels in die begin en eindig jy met die wind in jou hare teen meestal afdraande.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ek onthou nog goed hoe Heart Break Hill (’n paar kilometers voor die einde op die oorspronklike roete  voor die nuwe begin in Riversands) vroeër sy tol geëis het. Groot mans wat brul van die pyn en nie ’n tree kan versit nie  terwyl hul soos Lot se vrou versteen in die middel van die pad staan  weens krampe in die bene.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Met die nuwe roete (deur Steyn City in 2013) was dit die wrede heuwel op Cedarweg wat hierdie funksie vervul het. Om nie te praat van die doodse stilte wat, buiten ’n paar kreune en soms swetswoorde, teen die laaste opdraandes in Steyn City  aan die orde van die dag was nie. En vir die moeë hordes wat laat in die dag swetend en swoegend klaargemaak het, was die bultjies soos jy in Riversands inkom soms die laaste strooi.

Die roete gaan geensins makliker wees nie, want soos ons weet moet als wat afgaan weer opgaan as jy op dieselfde plek moet eindig. Nou is die marteling net effens ongekeerd en kan jy op varser bene die moeilike gedeelte agter die rug kry.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Maar oppas, jy gaan jou lelik misgis as jy die beker wil wen in die eerste helfte. Een van die beste stukkies raad wat ek by ’n veel meer ervare fietryer met my eerste lang wedren gekry het, was om so te ry dat jy teen die halfpadmerk nog goed voel. Daarna kan jy sterker gaan.

Daar was ’n jaar wat ek vroeg-vroeg meegevoer geraak het met ’n veel vinniger groep en toe soos ’n hasie die eerste 30km in rekordspoed afgelê. Maar ai, ek het duur daarvoor betaal met loodswaar bene in die tweede helfte.

Die Koning van die Heuwels skuif van Cedar tot Braamfontein net voor ryers by die brug kom. Jan Smuts deur Randburg is nou ’n heerlike lang afdraande, maar die klim van Craighall Park na Hyde Park gaan vir jou vasvat. So ook die gedeelte verby die dieretuin.

Tog gaan jy lekker glimlag as jy teen spoed die M1 se golwende heuweltjies teen die einde kry en die pylvak na die einde van die Summit-afrit in Mnandi heerlik afrol.

As jy dus gewonder het of jy hierdie jaar wil deelneem, is dit nou die tyd om www.cyclechallenge.co.za te besoek en in te skryf. En stof daai fiets in die garage vroegtydig af sodat jy fiks en sterk is vir hierdie ikoniese wedren deur Johannesburg.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

10 redes waarom jy die September-uitgawe van rooi rose móét lees!

  Melinda hou aan groei    Die aktrise Melinda Viljoen het die afgelope paar…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Jacques Bessenger oor ‘Een keer om die son’ se lesse

Jacques Bessenger is vanjaar as beste manlike byspeler in ’n TV-drama (vir Hartklop) en beste…

1 day Gelede

Waarom dit nodig is om saam met ‘n werwingsagentskap in Suid-Afrika te werk vir besigheidsgroei

In die hedendaagse vinnig veranderende sakewêreld, staan Suid-Afrikaanse maatskappye voor toenemende druk om mededingend, buigsaam…

1 day Gelede

‘Diepe waters’ se Gys en Zelda: Ou liefde roes nie

Gys “Ek wil by jou wees, maar ons moet mekaar vergewe vir die verlede. Kom…

2 days Gelede

Die beste gebraaide broodjies denkbaar!

Jy het brooddeeg vir die resep nodig, maar as dit tyd knap is, kan jy…

2 days Gelede

Gluten- en eiervrye sjokoladekoekies

Bestanddele   125 ml (½ k) sagte botter 125 ml (½ k) suiker 110 ml…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.