Is jy in rou?
Die meeste van ons probeer hard om aan te gaan. Maar dit is nie so maklik nie.
Suzette Venter het haar seun, Eugene, op 5 Januarie 2006 verloor. Sy glo jy moenie die tekens dat jy besig is om te rou ignoreer nie. “Mense misverstaan rou en hartseer as ’n proses wat jou uiteindelik bring by berusting en begrip.”
Maar wat is die tekens dat jy nog in rou is? Suzette lys ’n aantal wat sy self beleef het. Evalueer jouself.
12 tekens dat jy in rou is
- Jy voel nie jouself nie.
- Jy voel asof jy nie dinge kan deurdink en afhandel nie. Jou gedagtes maal.
- Jy voel asof jy nie meer kan werk nie, asof jy jou werksvaardighede verloor het.
- Jy voel mense ondersteun jou nie.
- Jy voel niemand verstaan nie.
- Jy voel mense druk jou om te werk of deel te neem aan sosiale aktiwiteite.
- Jy wil alleen wees.
- Jou geloof wankel.
- Talle verwytgedagtes maal deur jou kop: Hoekom het ek nie … As ek maar net … As die dokter …
- Jy vergeet van die lewendes wat na aan jou is. Jy sien nie jou huismense raak nie. Jy vergeet dat hulle óók jou verlies voel en óók moet aanpas.
- Jy sien nie kans om ander te versorg nie.
- Jy soek desperaat na antwoorde, wat die hele spektrum van praktiese werklikhede tot emosionele en geloofskwessies kan dek. Baie (die meeste!) van jou ou antwoorde werk nie meer nie.
Hoe kan ek myself help? Lees gerus hier:
My manier om trauma te verwerk