kategorieë: Ons menseBekendes

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie

Hier is vyf storielyne wat Suidooster-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou:

  1. Damian (Caleb Felix) se spook loop omtrent in Ruiterbosch en die verdagte omstandighede rondom sy dood lei tot talle vrae, vrae wat Wade (Dean Smith), Justin (Eden Classens) en Gary (Craig Adriaanse) sukkel om te antwoord. Speurder Malherbe (Riaan Ellis) kry boonop snuf in die neus dat alles nie pluis is nie en sy ondersoek voorspel groot probleme vir Wade. Dit begin ook lyk of Wade waarskynlik nie oop kaarte speel oor die gebeure van daardie noodlottige aand nie. Wink daar dalk ’n tronksel vir hom?
  2. Riaan (Daniel Coetzee) besef dat daar baie waarheid steek in die sêding: “ ’n jakkals verander van haar, maar nie van snaar”. Hy moet weer die skerwe van sy lewe optel nadat hy uitgevind het sy vrou, Hanli (Celeste Loots), se lus vir ander mans kan nie geblus word nie. Is daar dalk hoop vir hom en Bianca (Simone Biscombe) om weer te probeer of het daar net té veel water in die see geloop?
  3. Moederskap blyk ’n groot uitdaging vir Ruiterbosch se nuwe mamma, Kaashifa (Jawaahier Petersen), te wees nadat sy met nageboorte-depressie gediagnoseer word. Maar is daar dalk selfs groter fout met haar? Haar gedrag raak toenemend al hoe vreemder en selfs gevaarlik. Dit veroorsaak groot spanning in haar huwelik en sy begin selfs haar eie vriende verwyt. Dan gebeur iets wat die hele Ruiterbosch tot diep in sy fondamente skud.
  4. ’n Ou vriend van Elana (Esther van Waltsleben), Cilliers (Laudo Liebenberg) daag onverwags by haar voordeur op. Dié skielike besoek vang haar en Susan (Natasha van der Merwe) onkant en Susan ruik dadelik ’n rot. Dit is duidelik dat daar meer in Cilliers se besoek steek as net ’n kuier. Gaan Susan agter die werklike kap van die byl kom en is sy ooit op die regte spoor?
  5. Tydens ’n gefuif bedink Gary en Justin ’n blink plan vir ’n nuwe selfoon-app wat eintlik ’n skitterende idee is. Dit lyk asof hierdie twee vriende dalk ’n sukses hiervan kan maak. Dinge is ongelukkig ook makliker gesê as gedaan – veral as ego’s in die pad begin staan. Daar word nie verniet gewaarsku dat vriendskap en besigheid nie maats is nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kyk Suidooster elke weeksdag om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET & Kie. Dit is ook op DStv Stream en Showmax beskikbaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Jaci en JP is terug! Netflix word Semi-Soeter met nog Afrikaanse kykstof

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

1 day Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

2 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

2 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

2 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.