Dit tref my. Dié gier. Die eerste keer op my verjaardag in Augustus toe my man en kinders die klein, wit boksies uit die wit sakkie haal. Binne-in ’n piepklein handsakkie (“want Mamma, jy hou van handsakke”, sê Emma), ’n stapeltjie boeke (“en van boeke,” sê Le Roux) en ’n swart steen, versier met blommetjies (“sodat jy dit by al jou swart kan dra,” sê die praktiese pa).
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Die jaar stap aan. Ons raak besig. Elke nou en dan vat-vat ek aan die handsakkie, boeke en swart steen om my arm. Troos dat ek doen wat ek doen met hulle in my hart. Dié dat die uitnodiging na die opening van die Deense juwelier Pandora se soveelste winkel, dié keer om die hoek van ons huis in Tygervallei-sentrum, my hart vinniger laat klop.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Dis eers toe ek oor ’n glasie vonkelwyn met ander praat dat ek die impak besef: soms is bling soveel meer as net bling. ’n Aanknopingspunt. ’n Herinnering. ’n Storie. Die oorbelle, ringe en kettings is pragtig, ja. Maar dis die charms wat my tref.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Ek val, stap daar uit met ’n piepklein koevertjie (With love from me daarop geskryf), troos dat mens soms vir jouself ’n present mag koop, ’n Kersteddiebeer met ’n rooi hoed steel my hart en swart-en-wit blommetjies bind die storie saam.
Tuis haal ek my kleintyd-armband uit die kas en kyk hoe ’n silwer ballerina saam met Mickey, Minnie en Goofy aan ’n ketting dans. Vertel vir Emma die storie dat dít eens Ouma s’n was, toe myne en nou hare. “En eendag my dogtertjie s’n, né Mamma?” sê die sesjarige.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Later bekyk die praktiese pa my vroeëre aankope. “Dis ’n bontspul,” sê hy. “Dis mooi so,” kap ek. “Elke een het sy eie storie.” Toegegee. Dis ’n bontspul. Maar dis my bontspul. Die storie van my lewe.
Die nuus dat ’n broer se goeie vriend en universiteitsmaat skielik sterf, vang ons almal onkant. Ons gaan haal die goeie onthou diep, kyk op Facebook hoe ander se foto’s sy storie vertel. Een-een word die charms aan sy ketting geryg – staaltjies en foto’s word die anker vir praat, onthou, lag en huil. ’n Bontspul. Sy bontspul. Die storie van sy lewe.
Ek weet weer: dit is hoe dit is. Die lewe is te kort. Vir sommige is bling baie meer as net bling. Ander bêre die staaltjies en stories. Of neem ’n paar foto’s. Elkeen van ons het nodig om stories te vertel. Ons s’n, ander s’n.
Op die ou end is dít hoe ons leef. En oorleef.
Tot volgende week,
Marí
www.incontext.co.za
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.