Die reusagtige antieke voordeur skep reeds ’n belofte van andersheid tussen hierdie mure. Jy word begroet met antieke dooprokkies en ou nommerplate wat in ’n nis uitgestal word. Die 600 vierkante meter is oor drie vlakke versprei en ’n smorgasbord van Marokkaans, Mexikaans, Frans en Afrikaans.
Daar is geen deurlopende tema nie, elke vertrek is verrassend anders. Groot dele van die huis is versier met elemente van oor die groot waters.
Die struktuur is fyn beplan met baie detail in die afwerking. Veral die reliëfwerk op die mure asook die Marokkaanse invloed op die vensters getuig van berese huisbewoners.
Stap saam met my deur hierdie huis. Die lekker sal lank en sag op jou tong bly lê.