kategorieë: Gesondheid

Die soorte verkouemedisynes

Al gewonder wat dit nou eintlik beteken as jou verkouemedisyne ’n ekspektorant bevat? En is ’n medisyne met ’n ekspektorant beter as een met ’n dekongestant? Wat doen elkeen van die vyf algemene soorte aktiewe middels in jou medisyne vir jou verkoue?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

1 Wat doen ’n verkouemiddel met ’n ekspektorant?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dit is ’n verkouemiddel wat jou slymafskeiding dunner en wateriger maak sodat jy dit makliker kan uithoes. Bakterieë floreer juis in dik slym. Jy sal dus makliker sekondêre bakteriële infeksies opdoen soos sinusitis en bronchitis as jou slym dik en taai bly en nie uit jou neusholtes (sinusse) en longe dreineer nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

2 Wat doen ’n verkouemiddel met ’n hoesonderdrukker?

Dit is ’n verkouemiddel wat die sentrum in die brein onderdruk wat hoes beheer. Jy sal dus minder hoes. Hoewel jou liggaam jou juis laat hoes om van die slym ontslae te raak, is ’n hoesonderdrukker nuttig as jy ’n droë hoes het en dus nie slym het om uit te hoes nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Daar is verskillende soorte.
– Verkouemiddels met kodeïen is die bekendste. Hulle maak jou ook slaperig. Dus moet jy hulle nie gebruik as jy binne die volgende vier uur gaan motor bestuur, of as jy wil swot of eksamen skryf nie.
– Hoesmiddels met kodeïen kan jou ook hardlywig maak. As jy normaalweg hiermee sukkel, gebruik liewer ’n hoesonderdrukker sonder kodeïen. Vra jou apteker, want daar is voortdurend nuwe handelsmerke op die mark.

3 Wat doen ’n verkouemiddel met ’n antihistamien?

Antihistamiene droog die slymvliese effens uit, sodat jy minder nies en jou neus minder loop. Baie soorte maak jou vaak. Daarom is dit ideaal vir as jy kan tuis bly of om snags te gebruik. Moenie verkouemiddels met antihistamiene neem as jy binne die volgende vier uur gaan bestuur, of moet konsentreer soos tydens ’n eksamen nie.

4 Wat doen ’n verkouemiddel met ’n dekongestant?

Met ’n verkoue swel die slymvliese in jou neus en keel. Dit veroorsaak daardie toe gevoel, drukking en selfs pyn. En daarby keer dit dat jy gemaklik asem haal en dat die ekstra slym wat jou liggaam vorm as deel van sy verdediging teen verkouevirusse kan wegdreineer. ’n Dekongestant laat jou slymvliese effens krimp. Dekongestante maak jou nie slaperig nie, en werk dus goed deur die dag.

ROOILIG Baie dekongestante bevat efedrien (ephedrine). Dit kan gevaarlik wees vir mense met hoë bloeddruk, diabetes, tiroïedprobleme, hartkwale, gloukoom en asma. Dit word ook nie aanbeveel vir vroue wat wil swanger raak, swanger is of borsvoed nie.

5 Wat doen verkouemiddel met ’n bronchodilator?

Bronchodilators in verkouemiddels verlig kortasemigheid. Party bevat epinefrien of fedrien.

Lees ook: Hoe goed werk verkouemiddels, Watter medisyne is die beste vir my verkoue, Kruie en vitamine vir jou verkoue

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

6 maniere om griep te klop

Griep is winter se lewenslange vennoot. Sodra die koue tref, kan jy maar seker wees…

4 hours Gelede

Villa Rosa-ster nou in Suidooster: ‘Die poppe gaan dans…’

Die aktrise Elsje Slabbert, alom bekend vir haar rol as Carina Rautenbach in die destydse…

7 hours Gelede

Ons 6 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek

Bak vir ’n slag die heerlikste sjokoladekoek! Hier is ons 5 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek.

8 hours Gelede

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

1 day Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

1 day Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.