kategorieë: Gesondheid

Die simptome van ander soorte TB

Dit is maklik om TB van die longe te vermoed en te diagnoseer, want jy sal tipies weke aaneen hoes sonder dat jy verkoue het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Maar daar is ander soorte TB ook: TB van die longe, TB in die brein, TB van jou gewrigte en skelet; TB van die eierstokke; TB van die testes en TB in jou niere.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Nie een van hierdie soorte gaan gepaard met ’n hoesery nie, en daarom word jy nie vir TB ondersoek nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoewel daar talle ander moontlike oorsake vir ’n chronies seer rug, ’n aanhoudende hoofpyn of lyfpyn is, soos artritis of migraine, kan hulle óók deur TB veroorsaak kan word.

Hoe weet jy jy het een van hierdie vorms van TB? Bestudeer die lys simptome van al die verskillende soorte TB hieronder.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

As jy TB vermoed – enige soort – vra jou dokter vir ’n TB-spesifieke ondersoek.

Kom ons begin by ‘gewone’ longtuberkulose, wat verreweg die algemeenste vorm van TB is

Simptome van gewone TB van die longe

Die TB-organismes groei in jou longe en veroorsaak dat jy:

• Aanhoudend hoes. Dit hoef nie erge hoesbuie te wees nie. Party mense kug net aanhoudend
• Daar is soms bloed in die hoesslym. Dit kan rooi of bruin wees
• Jy het voortdurend ’n effense koors
• Jy sweet snags ontsettend
• Jy verloor gewig
• Jy voel nie lus vir kos nie
• Jy is regtig baie moeg
• Jy het pyn oor jou bors

Simptome van TB van die brein

Mense met breintuberkulose het nie TB-organismes in hul longe nie en sal dus nie hoes nie. Die simptome en tekens van brein TB is by hulle:

• Aanhoudende hoofpyn die afgelope twee tot drie weke
• Effense koorsigheid
• Subtiele agteruitgang in denke en verstandelike vermoëns. Dit kan binne dae tot ’n hele paar weke later oorgaan in ’n koma.

Simptome van TB van die skelet

Mense hiermee het pyn in hul gebeente, en veral op een plek. Tipiese simptome van skelet-TB sluit in:

• ’n Stywe, seer rug
• As jy in die spieël kyk merk jy knopperigheid en vergroeiings op die werwelkolom op
• Jou bene kan lam en swak voel. Dit is vermoeiend om lank te staan
• Jy het geen gevoel in jou bene en voete nie
• Jy is voortdurend effe koorsig en warm
• Jy verloor gewig en is maer
• Jy het pyn in ’n gewrig, soos met artritis. Gewoonlik is net een gewrig seer, meestal een heup of knie. Maar TB van die enkel, pols of skouer is ook nie ongewoon nie.

Simptome van TB van die blaas, niere en geslagsdele

Mans en vroue se simptome verskil effens:

• Altwee ervaar pyn in die sy. Die pyn kan of laag oor die buik lê of hoog voorkom (waar die niere is)
• Altwee urineer óf baie gereeld óf te selde
• Altwee kan baie gereeld sistitis (blaasinfeksie) kry
• Altwee voel altyd moeg en siek
• Altwee het voortdurend ’n ligte koorsigheid
• Altwee is maer
• Mans ontwikkel pynlike knoppe in die skrotum, prostatitis (infeksie van die prostaat), infeksie van die voorhuid (eintlik van die epididimus) en/of infeksie in die testikels
• Vroue sukkel om swanger te raak. Hulle ervaar ’n dowwe pyn of teerheid oor die buik, menstrueer ongereeld, en het ’n swaar afskeiding met bloed
• Party mans en vroue het geen simptome nie, buiten dat hulle onvrugbaar is

TB van die spysverteringskanaal

Die spysverteringskanaal sluit in die mond, keel, slukderm, maag, derms, kolon en anus. Mense met TB hier kan:

Seertjies in die mond of rondom die anus hê wat nie genees nie
• Dit moeilik vind om te sluk
• Pyn oor die buik ervaar
• Dikwels bloederige diarree
• Hulle is ook meestal ondergewig en moeg
• Hulle kla van nagsweet en het chronies ’n ligte koors

Lees ook ander webartikels oor TB / verkoue / onvrugbaarheid / swangerskap / vitamiene

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

1 day Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

1 day Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

1 day Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

1 day Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.