Die rooi tapyt in Venesië

Die rooi tapyt in Venesië deur Margaret Gardiner

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

’n Groot première is ’n prettige affêre. Die rooi tapyt, die see van kameras, mense wat stamp en stoot om beter te sien, al die groot name uitgevat in hul beste klere …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Party name veroorsaak ’n groter beroering as ander, en Kristen Stewart is so ’n naam. Met ’n stewige basis van aanhangers wat kom uit haar Twilight-dae, het sy uit haar pad gegaan om te speel in interessante flieks – mens kan party seker kunsflieks noem – net sodat die bedryf haar ernstig kan opneem.

Lees ook: Partytjies is harde werk!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sy is een van daardie mense wat mens dink jy sal moet “hanteer”, maar sy is verrassend openlik al praat sy op ’n oënskynlike huiwerige manier. Dit, kom ’n mens vinnig agter, is eerder omdat sy perfekte sinne probeer weergee, en nie omdat sy skaam is nie. Sy is ook kleiner as wat ’n mens verwag, en speel dikwels met haar lip terwyl sy praat.

Lees ook: Kristen Stewart – die meisie agter die roem

Ek is genooi na ’n glansryke ete by die Excelsior Hotel voor die vertoning van haar fliek. Die patio was donker met ’n lang, spierwit tafel, versier met glas en spierwit bykomstighede. Daar was disse te kies en te keur, maar die pasta was anders as enige iets wat ek al ooit voorheen geëet het. Dit was al dente met ’n romerige sous, en so lekker dat ek ’n derde porsie gaan skep het.

Lees ook: Margaret maak ’n draai in Venesië

Tydens ete het ’n asemrowende jong vrou my gevra of ek Tatum Keshwar ken. Ek was gelukkig genoeg om Tatum te ontmoet toe ek ’n jaar gelede op uitnodiging betrokke was by die Mej. SA-skoonheidskompetisie, en ek het elke oomblik geniet wat ek saam met haar spandeer het. Die vrou wat my daar in die Excelsior Hotel raakgeloop het, het Suid-Afrika al besoek, het ons Mej. SA geken en ook deelgeneem aan die Mej. Wêreld-kompetisie. Ons het dadelik gekliek, en net daar besluit om “selfies” te neem vir die Mej. SA-groepie van voormalige wenners waarvan ek deel was. Dit het my presies twee sekondes geneem om weer in my energieke, spelerige self te verander. My jong vriendin het by my aangesteek, en ons was dadelik die ene giggels.

Lees ook: Margaret gesels met Adam Driver in Venesië en Dag 2 in Venesië

Toe was dit tyd vir die premiere van Seberg, met Kristen Stewart, Anthony Mackey en die nuwelinge Margaret Qualley – toevallig Andie McDowell se dogter – en Zazie Beetz, wat ook in The Joker sowel as die Golden Globe-bekroonde Atlanta speel.

Lees ook: Om vorentoe of agtertoe te kyk

Seberg is die verhaal van ’n aktrise wat deur die FBI geteiken word omdat sy in die laat sestigs ’n affair gehad het met ’n menseregte-aktivis, en die tol wat dit geëis het. Kristen, wat steeds aanhou om uitdagende rolle te kies, vertolk die rol op ’n manier wat die essensie van Jean Seberg, op wie se lewe die fliek gebaseer is, uitstekend opsom. Haar vertolking is lig, byna asemloos, en die fliek het ’n staande toejuiging in Venesië gekry. En dit het langer as 5 minute aangehou!

Lees ook: Gelukkige ek!

Haar aankoms by die première, asook ’n deel van die staande applous, kan gesien word op my Instagram-rekening. Blaai net terug na laat Augustus, begin September.

Ek het ook weer die kans gekry om op die rooi tapyt te wees, maar het gekies om dit nie te doen nie. My aandrok is ontwerp deur die Fillipynse ontwerper Alan Del Rosario, wat dikwels vir my ontwerp, en ek sou dit dus met gemak kon doen. Maar ek wou nie.

Lees ook: Vlugvoos op die rooi tapyt

Vir diegene wat nie weet nie, ’n rooi tapyt is nogal ’n interessante ervaring. Motors wag buite die  Excelsior Hotel om die sterre vinnig van die paparazzi af weg te kry.  Almal poseer vir die kameras, en dan kom ’n mens binne en sien hulle sit, en jy wonder oor die “influencers” en die diskonneksie tussen wat fotograwe afneem en hoe die bekendes regtig leef. Glans kom teen ’n prys, en ek wonder oor die illusie en die werklikheid.

Lees ook: Hy is glansryk, maar sy naam is nie Emily Blunt nie …

Ek dink dis skadelik om ’n lewe bloot te stel aan die wêreld van perfeksie. Ons is nie perfek nie. Die lewe is nie perfek nie. In hierdie blog probeer ek om ’n bietjie van die voorgee af te breek. Ja, dit is ongetwyfeld glansryk, en ek is gelukkig dat ek steeds op my ouderdom genooi word om voor die kameras te pronk.

Lees ook: Die dinge wat mense kwytraak …

Hoe gebeur dit? Ek is altyd geskok, want ek sien myself as ’n onsigbare by tussen ’n klomp blomme. Ek deel wat ek sien met hulle wat dalk nooit die kans sal kry om ’n wêreld première in Venesië by te woon nie. Dit is baie spesiaal, en ek is baie bevoorreg. En dankbaar.  Maar as jy dit genoeg kere gedoen het, is dit heerlik om net saam met vriende rond te hang, dinge dop te hou en foto’s te neem om ’n stukkie wêreld te deel waaroor almal wonder.

Ek sal weer eendag op die rooi tapyt loop. Maar vanaand het my glimlag uitgegaan na al die skoonhede wat buite die kollig sit en rus.

Volg gerus Margaret se blog vir rooi rose waar sy ons vertel oor haar interessante en besige lewe. Jy kan haar ook volg op Instagram, facebook, twitter en haar YouTube-kanaal waar sy met bekendes gesels – dis als gratis om haar te volg.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

10 redes waarom jy die September-uitgawe van rooi rose móét lees!

  Melinda hou aan groei    Die aktrise Melinda Viljoen het die afgelope paar…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Jacques Bessenger oor ‘Een keer om die son’ se lesse

Jacques Bessenger is vanjaar as beste manlike byspeler in ’n TV-drama (vir Hartklop) en beste…

1 day Gelede

Waarom dit nodig is om saam met ‘n werwingsagentskap in Suid-Afrika te werk vir besigheidsgroei

In die hedendaagse vinnig veranderende sakewêreld, staan Suid-Afrikaanse maatskappye voor toenemende druk om mededingend, buigsaam…

1 day Gelede

‘Diepe waters’ se Gys en Zelda: Ou liefde roes nie

Gys “Ek wil by jou wees, maar ons moet mekaar vergewe vir die verlede. Kom…

2 days Gelede

Die beste gebraaide broodjies denkbaar!

Jy het brooddeeg vir die resep nodig, maar as dit tyd knap is, kan jy…

2 days Gelede

Gluten- en eiervrye sjokoladekoekies

Bestanddele   125 ml (½ k) sagte botter 125 ml (½ k) suiker 110 ml…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.