Anelle Tewson (née Mostert)
Ek het in die begin van Augustus 2016 getrou. Die weer was soos ’n mooi lentedag. Die lug was blou en daar was nie ’n windjie in die lug nie. Alles was net wonderlik. ’n Fees! My wange was naderhand seer van die glimlag. Dit was beslis ’n geseënde dag.
Suné Morton (née Kotze)
Suné is ons Bemarkingsbestuurder en is gelukkig getroud aan Arno.
Susra Matthee (née Morkel)
Susra is ons moderedakteur en is dolgelukkig saam met haar manlief en klein seuntjie.