Bestanddele
- 500 ml (2 k) water
- 250 ml (1 k) melk
- 250 ml (1 k) room
- 110 g (½ k) polenta
- 125 ml (½ k) parmesaan
- 45 ml (3 e) botter
Metode
- Gooi die water, melk en room in ’n groot kastrol en geur met sout. Laat kook.
- Hou die polenta ’n entjie bokant die melkmengsel, gooi stadig by en roer heeltyd. (Wees versigtig dat die polenta nie spat en jou brand nie.)
- Laat kook tot dit begin verdik. Verlaag die temperatuur en prut vir sowat 30 min. tot deurgaar.
- Roer die parmesaan en botter deur en voeg nog warm melk by indien dit te dik na jou sin is. Sit voor met ekstra parmesaan bo-op.