Ek word Saterdagoggend, 4 Julie 2015, wakker van my regterbors wat pyn. Meer pyn as in die voorafgaande week. Ek vryf oor die sist wat die pyn veroorsaak en verwens my gene, sê my gunstellingdrieletterwoord en draai op my ander sy. Later sal ek ’n anti-inflammatoriese iets drink en bid dat die vog in die sist gou weer sal dreineer sodat die pyn kan verdwyn. Soos die honderde kere vantevore met ander sists in beide borste.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Jaun, my genoot in die eg van die afgelope vyf jaar, vra of hy my eina kan beter soen en ek jaag hom stort toe. Verspotte man, sê ek, maar ek glimlag in die stilligheid. Ek hou van sy verspottigheid. Hy trek aan, groet my en vertrek na ’n seminaar. My plan is om vir die dag aan my derde boek te werk.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Op pad stort toe lig ek my slaapbaadjie op om te sien of daar iets te siene is op my regterbors. Want dis regtig seer.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Ek versteen daar voor die spieël met die onderpunt van my slaapbaadjie in albei hande vasgeklem. Ek kyk op na my geskokte gesig wat na my toe terugstaar en toe ek my oë weer laat afbeweeg, lyk dinge nie beter nie. My regterbors se vorm het verander. Dit lyk nie meer soos Leftie se tweelingsuster nie. Daar is ’n donkerrooi swelsel onder my areola en my tepel is aan’t insink.
In die ou dae, 1999 se kant, was ek ’n mediese skrywer. Ek het mediese verslae geskryf oor nuwe medikasie en behandelingsmetodes vir allerhande siektes en toestande. Een maal was daar ’n kankerspesialis van Alsace wat vir ons lesings kom aanbied het. Dit foto’s het veral ’n indruk op my gemaak. Terwyl ek na Rightie in die spieël staar, sien ek dít wat op daardie foto’s was: ’n bors wat glad nie meer gelukkig is nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }In die stort maak ek somme. My laaste mammogram was jarre der jarre gelede. Dis erg onlekker as ’n radiografis mens se borste soos stukke vleis hanteer en dit dan in pienk pannekoeke verander, so ek was gewoonlik maar ‘te besig’ om my jaarlikse martelingsessie te verduur. Intussen het ek allerlei knoppe gehad wat weer verdwyn het. Ek was heeltemal onbekommerd.
Na die stort lyk Rightie nie veel beter nie. Ek maak my mooi, blaas my hare droog en trek iets gemaklik aan sonder om te dink aan wat ek doen. My kop is by die navorsing wat sal volg. Google is my beste vriendin.
Twee ure later het ek rede om te glo dat daar ’n karsinoom in een van my melkkliere is. Die spoed waarteen die groeisel groter geword het, laat my dink dat ons nie met ’n mak karsinoom te doen het nie. Teen die tyd dat Jaun van sy seminaar af terugkom, kyk ek na foto’s van mastektomielittekens en die resultate van borsrekonstruksie.
Ek dink ek het borskanker, sê ek later vir Jaun. Hy beveel my om dokter toe te gaan, net so onbekommerd as wat ek voorheen was. Ek glimlag vir hom, sê ek sal so maak, en skink vir hom ’n glasie wyn. Terwyl ek voorgee om saam met hom televisie te kyk, sien ek oor en oor die foto’s wat Google my gewys het. Vir die eerste keer in jare sukkel ek om op die aand van die 4de Julie 2015 aan die slaap te raak.
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.