kategorieë: Leef gesondGesondheid

Die regte noodhulpkissie kan ’n lewe red

Van die grootste probleme waarmee ouers dikwels gekonfronteer word, is brand- en snyplekke, kontak met chemikalieë, koors, hoofpyn en insekbyte.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Arrive Alive-paramedici se raad is dat ’n medisynekissie noodmedisyne moet bevat om brandwonde, snye, kneusplekke en breuke te behandel. Dit moet spalke, bandhulpmiddels, skêre, knyptangetjies (tweezers), mediese handskoene (vir jou eie veiligheid), rome vir byt- en steekplekke en ontsmettingsmiddels bevat.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat het jy nodig?

  • Kleefverband (duct tape) om ’n spalk in plek te hou
  • ‘Skoenlapper’-verbande, om die rande van ’n sny bymekaar te hou
  • Nie-kleef steriele verbande vir klein snye of skrape
  • Steriele gaas om bloeding te beheer en kontaminasie te voorkom
  • Steriele rolverbande, om verstuiting te ondersteun
  • Room om jeuk na insekbyte en geringe velirritasies te verlig
  • Antibiotiese salf, om infeksie van klein wonde te voorkom
  • Antiseptiese salf, -oplossing en -spuit om wonde skoon te maak
  • Watte
  • Weggooibare mediese handskoene

Die basiese noodhulpkissie

  • Oogskerm
  • Oplossing om ’n oog mee uit te was
  • Driehoek-verband
  • Steriele jel vir brand en brandverbande
  • Aluminium-vingerspalk
  • Verkoue-medikasie
  • Plastieksakke, verskillende groottes
  • Veiligheidspennetjies, verskillende groottes
  • Skêr en pincet
  • Hand-sanitiseerder
  • Termometer
  • Suigtoestel vir die spoel van wonde
  • Spuit, medisynebeker of lepel
  • KPR-mondstuk (asemhalingsversperring)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Medikasie

  • Aloë Vera-jel
  • Calamine lotion
  • Anti-diarree medikasie
  • Lakseermiddel
  • Teensuurmiddels
  • Antihistamine
  • Pynverligters
  • Hidrokortisoonroom
  • Hoes- en koue-medisyne

Ekstra’s

  • Klein waterdigte flitslig
  • Batterye en onderdele
  • Waterdigte vuurhoutjies
  • Klein notaboek en potlood
  • Nood kombers (space blanket)
  • Noodfluitjie

Belangrike raad

  • Moet nie persoonlike voorskrifmedikasie met enigiemand deel nie, selfs al gebruik hulle dieselfde medikasie.
  • Merk enige hoofpyn, pynverligting, anti-naar en en anti-braking medisyne dienooreenkomstig en stoor dit in ’n kinderdigte houer.
  • Maak seker dat slegs verantwoordelike volwassenes toegang tot medikasie het.

Nuttige wenke vir noodhulp

  1. Vul die voorraad van jou noodhulpkissie gereeld aan.
  2. Berg dit op ’n koel, droë plek buite bereik van kinders.
  3. Maak seker dat die hele gesin en alle versorgers weet waar die kissie gehou word en wat dit bevat.
  4. Sluit ’n basiese noodhulp-handleiding of instruksieboekie in.
  5. Paramedici se top drie moet-hê items is: ’n KPR-mondstuk, iets om bloeding en spleetbreuk te stop en mediese handskoene.
  6. Moet nooit aan bloed of liggaamsvloeistowwe raak sonder om mediese handskoene te dra nie.
  7. Vervang enige items so gou moontlik nadat jy dit gebruik het.
  8. As jy die kissie nie gereeld gebruik nie, gaan dit een keer per jaar na.
  9. In ’n noodgeval, probeer om die beste hulp aan die beseerde persoon te bied, maar verseker altyd eers jou eie veiligheid.

Hooffoto: Roger Brown vir Pexels

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

3 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

4 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

4 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

4 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

4 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.