kategorieë: LeesOntspanning

Die Profeet: Hoofstuk 7

Deur Martie Swanepoel. Foto: pixabay.com

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Tant Esther was vir Chrissie soos ’n ma. Dit was vir haar moeilik om die sterk vrou te sien knak. Keer op keer. En dit deur ’n lieplapper-rondloper soos Christiaan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Daardie vrou kon baie dinge verduur. Droogtes, haelskade, diefstalle … Oom Thomas se soms gebrekkige besluite. En Mariaantjie. Dit was tant Esther se Achilles-hak. Vir ’n sterk ambisieuse vrou soos Tant Esther, wat uit ’n bloedlyn van formidabele vroue gekom het, was dit ’n slag om ’n intellektueel-gestremde dogter soos Mariaantjie te hê. Sy het haar kind met haar hele hart liefgehad, glo my, maar ek weet hoe het sy daarna gesmag om eendag kleinkinders te hê. Om ’n goeie volwasse band met ’n dogter te hê. Sy het gesorg dat Mariaantjie alles het wat sy nodig het. En ek het daar ’n groot rol gespeel. Mariaantjie was prioriteit in my werksdag. Ek moes vir haar ’n roetine skep en haar besig hou. Dit was nie ’n moeilike taak nie. Mariaantjie was ’n maklike mens … tot Christiaan gekom het.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Tant Esther was opnuut opstandig teenoor God. Sy het Hom kwalik geneem vir die swangerskap.

“Dis van die enigste tye wat sy geglo het God het wel ’n aandeel gehad in Christiaan se koms na die plaas. Sy het God ook kwalik geneem vir Oom Thomas se lyding.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Chrissie moes Tant Esther die dag van die slegte nuus ’n kalmeerpil en soet tee injaag.

“Hoe kon Hy dit toelaat? Dis mos Sy werk om mense soos Mariaantjie te beskerm? En Thomas? My Thomas was nog altyd ’n godvresende man. Kyk hoe sterk is sy geloof … al is dit nou in ’n namaaksel van Jesus. Thomas glo. En ek glo God behoort hom sy verwarring te vergewe. My arme man. In sy hart glo hy tog aan die regte Jesus. Maar die vreeslike lyding? Thomas verdien dit nie!”

Chrissie het geril toe sy my bewoë vertel van die bloed en sig wat Oom Thomas se lakens elke dag deurweek het. Dit moes vreeslik wees om so ’n uitgerekte lyding te aanskou. Die versorging van ’n man wat letterlik dag na dag deur kanker verteer word, is byna ondenkbaar. Dit en die spanning op die plaas moes ’n tol geëis het op Tant Esther en Chrissie.

“Ek het Tant Esther se gedagtes in toom probeer hou so ver ek kon. Ek moes haar laat glo dat God nie so wreed is om Oom Thomas te straf nie. Sy het by tye ook geglo dis haar halsstarrige vete met die kerk wat die oorsaak is dat Oom Thomas so ly en dat Mariaantjie swanger geraak het. Toe gebeur die ondenkbare. Tannie Esther het regtig begin ingee. Sy het begin twyfel.”

Christiaan se teenwoordigheid op die plaas het net so vernietigend aan Tant Esther se gemoed gevreet soos die kanker haar man se liggaam weggevreet het.

“Sy was altyd ’n vrou wat ’n probleem kalm en bedaard kon aanpak. Sy kon nugter en reguit dink. Maar toe sy begin twyfel, het ek bang geraak. Nie Tant Esther ook nie! Ek kon Oom Thomas en Mariaantjie se verwarring hanteer, maar Tant Esther was my anker in die oorlog teen Christiaan. Ek moes keer dat sy nie ook voor hom swig nie. Sy het my een oggend gevra wat sal gebeur as ek en sy verkeerd is oor Christiaan.”

Tant Esther het ’n paar uur met die Bybel op haar skoot gesit. Dit was ’n gesig wat Chrissie lanklaas gesien het. Tant Esther was sku vir die Bybel sedert sy vir die kerk kwaad geword het.

“Chrissie? Sê nou maar dit is God wat die man gestuur het? God weet hoe hardkoppig ek is. Hy het geweet dit help nie meer om ou Jordaan te stuur nie. Toe stuur hy sy seun?”

Chrissie vertel hoe haar hele wese lam geword het toe die tante so skeef begin redeneer.

“Nee! Tannie is nou net moeg en moedeloos. Ons is moeg en moedeloos. Ons gaan nie voor hom ingee nie! Hoor Tannie my! Hy is boos! Hy is nie deur God gestuur nie! Hy is geen profeet nie! Hy is ’n gesant van die duiwel! Kyk wat het hy aan Mariaantjie gedoen. Watter man van God sal dit doen?”

Toe kom daar ’n wending wat Chrissie nie verwag het nie. Tant Esther het dit oorweeg om by Dominee Jordaan hulp te gaan vra. Maar omdat Christiaan Oom Thomas reeds teen Dominee Jordaan opgesteek het, sou die oom nie toelaat dat die dominee hom besoek nie. Tant Esther het op ’n hoop bly sit met die Bybel op haar skoot.

“Ek gee oor, Chrissie. Dis alles my skuld. Ek sal gaan regmaak met die kerk en ou Jordaan. Ek sal selfs daardie spul susters van die kerk gaan verskoning vra. Ek wil net hê hierdie ding moet ophou. Ek wil net alles weer na normaal laat terugkeer. Ek is moeg, moeg om te baklei. As die man die Messias is, sal ek toegee. Al is dit hoe moeilik.”

Tant Esther het teen die heuwel uit gestap en by die kruise, wat haar gewoonlik geïrriteer het, gaan sit. Vir ’n hele dag lank het sy daar gesit.

Dit het begin lyk of genade vir Oom Thomas naby was. Hy het swakker geraak en by tye in ’n koma verval.

“Hy wou nie meer eet nie. Hy wou net met sy “Heiland” praat. Ek het hom so gemaklik moontlik gemaak, maar selfs terwyl ek die grusame taak moes aanpak om die bed skoon te maak, was Christiaan byderhand. Ek moet sê, dit het my by tye ook laat twyfel of ’n man wat hom as Jesus voordoen, gewillig deur so ’n proses sou wou gaan. Dit het aaklig geruik in die siekekamer. Dis merkwaardig dat Christiaan dag na dag langs daardie bed gesit het. Hy het Oom Thomas kalm gehou en ek was dankbaar vir die emosionele steun wat hy die oom gegee het.  Ek weet dit klink bisar, maar vir ’n sterwende man wat ly, was iemand soos Christiaan net die regte ding. Hy het als gesê wat Oom Thomas wil hoor. Ek toenemend besef dat mens nie Christiaan van ’n sterwende man kan wegneem nie. Maar die oomblik as Oom Thomas sterf, dan sou ek oorgaan na aksie. Dan sou ek gaan hulp soek.”

Met Tant Esther wat wankelrig begin raak het in die oorlog teen Christiaan, het die verantwoordelikheid al groter en swaarder op Chrissie gerus. Sy het besef hulle sal dringend iets aan Mariaantjie se situasie moet doen. Sy moes tant Esther uit haar toestand van depressie kry om die situasie aan te spreek.

“Wat van Mariaantjie? Wat gaan ons doen? Ons sal ’n wettige aborsie kan laat doen. Voor twaalf weke.”

Tant Esther het gevoel hulle moet dit ’n saak van gebed maak.

“Chrissie, ons moet bid vir vinnige verlossing vir Thomas. En oor Mariaantjie. Ons moet bid vir wysheid. Ons sal iets moet doen om Thomas te help. Dit kan nie so aangaan nie. Die lyding raak nou te lank.”

Toe maak Tant Esther ’n voorstel wat Chrissie nie verwag het nie.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

4 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

5 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

5 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

5 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

5 hours Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

6 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.