kategorieë: Blogs

Die plesierboom

Met al die Kersbome wat tydig en ontydig in my gesigsveld opduik, het ek onthou hoe die begaafde woordmens Audrey Blignault ‘n keer oor plesierbome geskryf het. As ek dit reg het, sou sy graag vir elk van haar nabymense ‘n boom wou gee wat iets dra waarvoor hulle ‘n passie het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Een boom se takke sou vol sigare hang. Hoekom dít in my kop vasgesteek het, weet ek nie. Dalk het dit vir ‘n laerskoollesertjie uit ‘n rookvrye huis na ‘n gevaarlik avontuurlustige keuse geklink.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die plesierboom-idee fassineer my steeds. Watter boom sou jý kies?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ek hink op ‘n paar gedagtes. Wat van ‘n boom vol drukkies en hart-tot-hartgesprekke? Een wat kreun onder reiservarings? Dalk ‘n boom waar die woorde ingeryg sit in die presiese volgorde waarin ek hulle gaan nodig kry wanneer ek met skryfwerk my brood verdien? Of ‘n boom vol lieflike musiek?

Dit val my op dat die dinge wat ek begeer eintlik vryelik beskikbaar is. Ek moet dalk geduldig daarvoor kan wag, of ‘n ruk daarvoor werk, maar dis daar! Is dit nie ‘n teken van groot geluk nie?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ons leef in die rykste werklikheid. Woorde, liedjies, verhale, visuele beelde, nuwe ervarings … die tegnologie stel soveel binne ons bereik.

En dan is daar mense. Veelkantig, onpeilbaar, onuitputlik interessant. (In die Kerstyd kies ‘n mens mos oorwegend positiewe beskrywings.) Mense met arms wat kan vashou, en monde wat kan lag.

Nee wat, ek het klaar ‘n hele boord vol plesierbome. Nou moet ek net besluit hoe gevaarlik avontuurlustig ek wil raak …

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

3 days Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

3 days Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

3 days Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

3 days Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.