Die perfekte piekniek met SPAR Freshline-slaaie en –wraps inligting en foto’s verskaf. {Promosie}
’n Rustige piekniek saam met vriende en familie – sonder dat jy hoef te wonder wat jy gaan bedien. ’n Wrap is ’n wenner wat jy kan oprol, vulsels bo-op skep en selfs rooster tot dit krakerig is en saam met jou gunsteling doopsouse geniet.
Hier is een van ons gunsteling wrap-resepte.
Geurige Tex-Mex
Genoeg vir 4
Maklik
15 minute
Smeer ’n laag guacamole en suurroom op 4 SPAR Freshline Wraps. Deel ’n handvol Freshline kersietamaties, in die helfte gesny, een 400 g-blik swartbone, die pitte van een mielie en 50 g gerasperde SPAR Cheddarkaas tussen die wraps. Sit ’n handvol gesnyde bestanddele van die SPAR Freshline Italian Salad Bowl, sout en gemaalde swartpeper na smaak bo-op die ander bestanddele en bedruip met ’n bietjie olyfolie. Bedien met lemmetjies wat in die helfte gesny is en geroosterde pimento-rissies.
SPAR Freshline se slaaie is die perfekte bykos of ligte maaltyd. Nie alleen is hulle vars en krakerig nie, maar daar is ook ’n groot verskeidenheid om van te kies – iets vir elke smaak!
In die foto:
– Lensie-en-keker-ertjie-slaai, 200 g
– Italiaanse slaai, 200 g
– Julienne-slaai, 200 g
– Beetslaai, 250 g
– Griekse pastaslaai met basiliekruidpesto, 200 g
– Aartappelslaai, 200 g