Serves:Genoeg vir 2Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Jy kan die hoeveelheid vermeerder volgens die hoeveelheid gaste.
1 deel spiritualieë
1 deel suikerstroop
1 deel vrugtesap
6 dele vrugte en
2 dele ys
SUIKERSTROOP
500 ml (2 k) suiker
500 ml (2 k) water
MENGELDRANKIE
90 ml (2 skeutjies) spiritualieë soos vodka, jenewer, wit rum, whisky en tequila
90 ml vrugtesap soos lemoensap, lemmetjiesap of suurlemoensap
90 ml suikerstroop
’n verskeidenheid gesnyde vrugte soos waatlemoen, veselperskes, aarbeie, perskes en frambose
baie ys
roerstokkies en strooitjies
Instructions
1 SUIKERSTROOP: Roer die suiker en water oor matige hitte tot die suiker opgelos is, haal af en laat afkoel. 2 Meng 90 ml suikerstroop met die spiritualieë en sap van jou keuse. Verdeel in 2 verkilde glase en vul met vrugte en ys. Roer tot goed gemeng en sit voor met ’n strooitjie.