Die perfekte mengeldrankie
Serves: Genoeg vir 2
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- Jy kan die hoeveelheid vermeerder volgens die hoeveelheid gaste.
- 1 deel spiritualieë
- 1 deel suikerstroop
- 1 deel vrugtesap
- 6 dele vrugte en
- 2 dele ys
- SUIKERSTROOP
- 500 ml (2 k) suiker
- 500 ml (2 k) water
- MENGELDRANKIE
- 90 ml (2 skeutjies) spiritualieë soos vodka, jenewer, wit rum, whisky en tequila
- 90 ml vrugtesap soos lemoensap, lemmetjiesap of suurlemoensap
- 90 ml suikerstroop
- ’n verskeidenheid gesnyde vrugte soos waatlemoen, veselperskes, aarbeie, perskes en frambose
- baie ys
- roerstokkies en strooitjies
Instructions
1 SUIKERSTROOP: Roer die suiker en water oor matige hitte tot die suiker opgelos is, haal af en laat afkoel.
2 Meng 90 ml suikerstroop met die spiritualieë en sap van jou keuse. Verdeel in 2 verkilde glase en vul met vrugte en ys. Roer tot goed gemeng en sit voor met ’n strooitjie.
Rooi Rose
Lees Meer
Mengeldrankie met ’n sjokoladesterretjie
21/08/2015
Jack Parow se Bloubek-mengeldrankie
26/02/2015