Waarom die bohaai?
Baie fliekgangers sien dié rolprent as die goue geleentheid wat aan Leonardo DiCaprio sy eerste Oscar sal lewer. Dit vertel die storie van Hugh Glass (DiCaprio), wat vir sy lewe veg nadat hy deur ’n beer aangeval is en deur sy kamerade vir dood agtergelaat is. Sy briljante toneelspel maak DiCaprio ’n sterk mededinger vir die Beste Akteur-toekenning terwyl die rolprent moontlik ook met die pryse vir Beste Rolprent en Beste Regisseur kan wegstap.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Waarom die bohaai?
Dié tweede vertelling van die Apple-genie, Steve Jobs, se lewe blyk vanaf die intreeslag sy voorganger te oortref. Bekende gesigte soos Michael Fassbender (as Jobs) en Kate Winslet in die rol van sy kollega, Joanna Hoffman, maak beslis van dié rolprent ‘n merkwaardige nominasie in verskeie kategorieë. Ons is veral opgewonde om die uitspraak oor Winslet se nominasie as Beste Aktrise in ’n Ondersteunde Rol te hoor!
Waarom die bohaai?
Hierdie rolprent is sedert sy debut op die silwerdoek op almal se lippe. Hoewel dit op die oog af as ’n stywe affêre mag voorkom, is dit egter propvol humor, sjarme en briljante toneelspel. Boonop is die rolverdeling iets vir die oog met akteurs soos Brad Pitt, Christian Bale en Ryan Gosling wat van die hoofrolle vertolk.
*Die Oscars vind Sondag, 28 Februarie, plaas!
Wilhelm van der Walt, wat die rol van Dirk Maritz in Skemergrond vertolk, het omtrent amok kom…
Genoeg vir 1 vlegsel Bestanddele 25 g vars gis of 10 g kitsgis…
kykNET het die vermoë om telkemale met ’n unieke dokumentêre realiteits-TV-reeks vorendag te kom wat…
Wanneer dit kouer word, verander ons vel se behoeftes, veral ten opsigte van die vog…
As jy eers hierdie Paasbolletjies geproe het, sal jy nooit weer gewone bolletjies koop nie.…
Ons wys jou hoe om in 3 maklike stappe rabarber, een van die lekkertes van die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.