kategorieë: DekorLeefstyl

Die nuwe vereistes vir muurproppe

Die nuwe vereistes vir muurproppe deur Cornel Dunn. Hooffoto:sirastock/istock images

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Volgens ’n wysigingswet tot die bedradingskode wat reeds in 2016 van stapel gestuur is, is daar besluit dat die ZA-muurprop verpligtend sal wees in nuwe geboue. Die ou standaard is steeds wettig in bestaande geboue. Indien jy egter nuwe muurproppe installeer is dit verpligtend dat die nuwe muurprop ten minste een opening bied vir die ZA-tipe muurprop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die ZA-prop het dieselfde seshoekige voorkoms as die Euro-prop wat op meeste selfoon laaiers te sien is, maar hierdie prop sluit ’n grondprop in. Dit is meer kompak as die standaard-driepuntprop waaraan Suid-Afrikaners gewoond is. Die punte is ook baie dunner.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Terwyl die implementering van die ZA prop relatief nuut is, is die konsep reeds vir jare beskikbaar. Dit is reeds vanaf 1986 deur die IEC ontwerp as ’n globale prop en muurprop. Suid-Afrika en Brasilië is tans die enigste lande wat poog om by hierdie konsep aan te sluit.

Die Electrical Contractors Association van Suid-Afrika het aanvanklik die bal aan die rol gesit. Volgens hulle is die nuwe prop veiliger en die effek op elektriese toebehore meer stabiel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vier redes hoekom die ZA prop beter is:

Aanpasbaarheid: Selfoonlaaiers kan direk in die ZA-muurprop gedruk word sonder die las van ’n elektriese hegstuk (“adaptor“).

Uitgebrei: Huidige muurproppe kan ter wille van veiligheid slegs twee proppe akkommodeer. Die nuwe standaard kan vier proppe hanteer sonder die onnodige gebruik van hegstukke.

Veiliger: Die ZA muurprop se gaatjies is veel kleiner en kindervingertjies sal nie daarin pas nie.

Kleiner: Die ZA prop is kleiner en neem minder spasie op. Dit is ook lig.

Ons het gaan gesels met ons plaaslike elektrisiën, Gavin McQuade by DENTS Electrical en sy opinie gekry oor die nuwe prop. “Met die nuwe proppe sal nog hegstukke benodig word as jy oorsee reis omdat die enigste ander land wat dieselfde muurprop gebruik, Brasilië is. Die nadeel van die nuwe prop is dat die beëindiging van swaardienskabels ‘n probleem sal veroorsaak. Die oppervlak van die penne is veel minder as die ou driepuntprop. Een van die mees algemene foute wat ons vind met muurproppe is dat hulle geneig is om uit te brand as gevolg van oorlading en oorwerking. Dit sal meer geneig wees om met die nuwe ZA prop te gebeur aangesien die oppervlakte minder as die helfte van die grootte van die ou prop is. ʼn Uitgeputte prop is een van die mees algemene oorsake van elektriese brande.” Gavin voel ‘n Duitse of Franse tipe muurprop sou ‘n veiliger en beter opsie gewees het vir ons standaardmuurproppe.

Deel
Gepubliseer deur
Elandre Swart

Onlangse plasings

Kollig op ‘n kleindorp: Napier

Hierdie skilderagtige dorpie, geleë tussen Caledon en Bredasdorp, is ongeveer twee en 'n half uur…

21 mins Gelede

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

15 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

21 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

22 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

22 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

22 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.