kategorieë: Blogs

Die nuwe mylpaal: bestraling

My liggaam kry ’n drie-week ruskans na die voltooiing van chemoterapie. Ook maar goed. Die uitputting, wat ek gedink het nou verby gaan wees, is onaards.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

My bed word my beste vriend. Dis nou naas Fiona, my fake boobie. Die trappe wat lei na my slaapkamer word my ergste vyand. Ná vyf trappe moet ek eers rus, met my asem wat jaag soos iemand wat die Comrades in rekordtyd voltooi het. Nog vyf trappe later en ek het net genoeg energie om my tot op die bed te sleep sodat ek kan slaap. As slaap ’n Olimpiese sport was, was die goue medalje myne.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Arme Jaun. Merendeels alleen voor die televisie saans, met ’n kwylende vrou wat die slaap van die dooies slaap. Ja, ek kwyl terwyl ek slaap en ek kan ongelukkig geen siekte daarvoor blameer nie. My man is verbaas toe ek vir hom sê hoe jammer ek hom kry oor die alleenheid. Nee wat, dis baie lekker om albei ‘remotes’ onder sy beheer te hê, verduidelik hy en hy grinnik terwyl hy oor die afstandbeheer streel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Mens voel half verlore na afloop van chemoterapie. Skielik, na byna sewe maande, is daar nie ’n chemosessie waarteen jy jou moet staal nie. Sonder dat ek dit besef het, het my hele lewe begin wentel rondom die chemo horlosie. Die herstelfase na die laaste toediening, die gevoel van verligting en oorwinning wanneer jy beter voel, die emosionele voorbereiding vir die volgende sessie en dan daardie drie ure in die swart stoel. Daar is die aftel, die doodtrek van chemo dae op die kalender … en skielik is dit alles verby.

My besoek aan die radiologiese onkoloog verloop glad. Hy vra my uit oor moontlike nagevolge wat ek oorgehou het van die chemo. Dit gaan uitstekend met my, as ek so luister na al die newe-effekte wat ek eintlik kon gehad het. Al wat pla, is die senuweeskade aan my vingers en tone, maar dis niks anders as ’n lastigheid nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die man vertel my in ’n rustige verteltrant van die moontlike komplikasies van bestraling. Daar is ’n hengse lang lys. My oë moes pieringgrootte bereik het, want hy stel my gerus dat die kans skraal is dat enige van die komplikasies my gaan tref, maar dat hy wetlik verplig is om my daarvan te vertel aangesien ek netnou ’n vorm sal moet teken om te bevestig dat ek verstaan wat aangaan en dat ek oukei is daarmee om voort te gaan. Goed dan. In die afgelope agt maande het ek al vele sulke vorms voltooi en ek was nog nie een keer spyt nie.

Die vertrek waarin die bestraling gedoen word, word die ‘bunker’ genoem. Die mure is blykbaar uitgevoer met lood om te verhoed dat die radiasie ontsnap. Dis ’n lekker groot vertrek. Ruimte-eeus met ’n groot, wit masjien wat die hele vertrek oorheers. Daar is ’n magdom pasiënte wat behandel moet word en daarom is tyd die vyand. Die radioloë is flink en baie professioneel, maar haastig.

My eerste afspraak met die masjien word die beplanningsessie genoem. Daar moet bepaal word presies hoe mens moet lê om te verseker dat gesonde weefsel nie gezap word nie, terwyl die aangetaste dele die maksimum blootstelling aan die strale kry. En daar lê ek met my kaal bolyf terwyl twee radioloë aan my druk en stoot en trek en syfers uitroep. Ek mag nie help met die skuiwery nie en ek kry hulle nogal jammer. Ek is beslis nie meer ’n liggewig nie. Toe hulle tevrede is, word my borskas getatoëer om dit vir hulle makliker te maak om my vir die volgende vyf weke vinnig in die regte posisie te kry.

Ha! Nie alleen is daar tattoes waar ek eens wenkbroue gehad het nie, ek is nou ook vol inkkolletjies aan my bolyf. Al wat ek benodig om regtig skrikaanjaend te wees, is ’n Harley Davidson en ’n groot baard.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

6 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

7 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

7 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

7 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

7 hours Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

8 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.