kategorieë: Bekendes

Die nuwe glanspaartjie: Ansu Visser & Edwin van der Walt

Edwin van der Walt (onder meer bekend vir sy rolle in Waterfront, Wonderlus en Jagveld) en Ansu Visser (voormalige aanbieder van kykNET se program chatNOU! en Flits! asook aktrise in die film Wonderlus) is nou amptelik ’n paartjie. Ons het met hulle gesels en meer uitgevind oor “hul storie”.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hoe hulle ontmoet het, volgens Ansu …

“Ons het in Maart dié jaar (2017) ontmoet, by die table read through van die fliek Wonderlus. Ek het myself voorgestel aan Edwin, en hy wou nog vir my sê wie hy is, toe reply ek met: “Ek weet.” Ek het in totaal 3 sinne met hom gepraat daai hele dag:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Silwerskermfees 2017: Die wenners

1. Toe ons onsself voorgestel het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2. Hy’t later gesê hy wou deel wees van ’n gesprek waarby ek betrokke was, en ek’t gesê “okay.

3. Almal het die aand gechill by Mila (Guy, Ansu se goeie vriendin en mede-aktrise) en ek’t vir hom gevra of hy tee wil hê.

Dit was dit.

Maar toe ons in April aan Wonderlus begin shoot het (dit was die eerste night shoot en die eerste keer wat almal saam op stel was), het ek hom gaan groet, vir hom gekyk en geweet ons gaan beste vriende word. ”

Hoe hulle ontmoet het, volgens Edwin …

“Ek is tot vandag toe nie seker wat daai oomblik gebeur het toe Mej. Visser verby my gehardloop het nie …

Ek het gevlieg uit die Kaap om aan te sluit by die table read-through van Wonderlus. Ek het by NouVanaand Films se kantore ingestap en net soos ek om die draai stap, hardloop Ansu en Mila verby my, aan die giggel en op ’n mission – sy het my toe nie eers gesien nie.

Ek onthou daai oomblik só goed; so vreemd as wat dit klink, so vreemd was dit vir my. Die dag as ek daai “iets” kan verduidelik, sal ek verseker weer probeer. Ek wou baie graag weet wie sy is – nie in ’n romantiese manier nie, dit was ’n nuuskierigheid oor ’n moontlike nuwe beste vriend. Ek het myself gaan voorstel, of soos sy self sê, ek het nie kans gekry nie. Die res van die dag was die fokus op ons werk aan Wonderlus.

Die aand wou ek haar graag beter leer ken. Ek dink ek wou eintlik net probeer verstaan wat gebeur het toe sy verby my gehardloop het.

Die eerste nightshoot op Wonderlus: ek was besig om my hare te laat sny buite op die gras. Ansu het aangestap gekom, blikkie Coke in die hand, en toe sy voor my kom staan het ek my oë gerol en ’n grap gemaak.

En ek kon nie wag om hierdie nuwe beste vriend te leer ken nie.”

Die res van die verhaal

“Op die 1ste November 2017 het ons ’n roadtrip Kleinmond toe gevat, vir ’n uur lank gebid en toe saam in die see gespring! Baie metafories en poëties, maar eintlik baie weird!” (“Edwin tik hierdie,” skryf Ansu aan ons). “Beste besluit nog! En dis hoe ons mekaar uitgevra het.”

“Ons is nou in ’n long distance relationship, baie mense dink dit maak dit moeiliker, maar dit was nooit vir ons ’n issue nie, en danksy Kulula se wonderike diens en vlugkaartjies – ons soek glad nie ’n sponsor nie … 😉 – maak dit alles eintlik lekker!”

Oor hulle verhouding sê hulle: “Dis maklik, dis eerlik en daar is ’n konstante gelag (op ’n ander level). Kommunikasie is vir ons baie belangrik, asook om te aanhou dans in die kombuis en dat ons nog steeds ’n ek en ’n jy bly. Ek is sy grooste cheerleader en hy myne,” vertel Ansu.

“Ons relationship motto is om seker te maak ons bly mekaar se beste vriende, maar ook mekaar se lekkerste vry. :)”

Lees ook ons onderhoud met die borrelende Ansu Visser hier.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

6 maniere om griep te klop

Griep is winter se lewenslange vennoot. Sodra die koue tref, kan jy maar seker wees…

3 hours Gelede

Villa Rosa-ster nou in Suidooster: ‘Die poppe gaan dans…’

Die aktrise Elsje Slabbert, alom bekend vir haar rol as Carina Rautenbach in die destydse…

6 hours Gelede

Ons 6 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek

Bak vir ’n slag die heerlikste sjokoladekoek! Hier is ons 5 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek.

7 hours Gelede

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

1 day Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

1 day Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.