* Hierdie artikel het in die Januarie 2012-uitgawe van rooi rose verskyn.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Byna elke nuwe ondersoek die afgelope tien jaar wys daar is ’n verband tussen rooivleis en kankers, beroerte en diabetes. Dis nou behalwe die lank gevestigde verband met hartkwale en hoë bloeddruk.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }’n Gekloonde tjoppie vir jou?
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Ons kán deesdae skape, honde en wat nie alles nie kloon. Dit beteken dit is moontlik om ’n goeie vleisbees te kloon, met honderde nasate binne ’n jaar. Twee tot vyf jaar later is dit vleis op ons tafels. Voorheen sou ’n koei maksimum een kalf per jaar geproduseer het.
Net teorie?
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Lankal nie meer nie. Volgens die Britse pers het ’n koei wat in 2010 gekloon is, meer as honderd nasate, wat in die gewone vleisketting ingestoot is. ’n Hele paar Britte gaan dus in die volgende paar jaar gekloonde vleis eet.
Is dit veilig? Sal jy wetend van dié vleis braai of bredies maak?
Voor jy antwoord:
Moenie genetiese manipulasie (modifikasie) met kloning verwar nie.
As jy ’n plant of dier geneties manipuleer, verander jy die genetiese materiaal daarvan, en kry jy ’n plant of dier met nuwe eienskappe. Een voorbeeld is die skaap Pollie wat melk met Faktor IX produseer (dit is die bloedstollingsfaktor wat by hemofilielyers afwesig is), sê die Britse navorser dr. Lauren Pecorino.
As jy ’n dier kloon, skep jy ’n identiese kopie van die dier. Die nasaat is dus dieselfde as die ouer-dier, amper soos ’n identiese tweeling.
Onlangse Sweedse navorsing onder 34 670 vroue oor tien jaar wys vroue wat ’n 100 g-porsie rooivleis per dag eet se kans op beroerte is 42% groter as vroue wat minder as 25 g per dag (minder as twee porsies per week) eet.
Nog ’n groot ondersoek kom van die Harvard School of Public Health onder 200 000 vroue oor 28 jaar, wat wys dat vroue wat 100 g rooivleis per dag eet se risiko op diabetes is 19% hoër as vroue wat min rooivleis eet. Vroue wat 50 g verwerkte vleis per dag eet se risiko op diabetes styg met ’n skrikwekkende 51%.
En dan is daar die 2007-verslag van die Amerikaanse Instituut vir Kankernavorsing. Hulle sê onomwonde daar is “oortuigende bewyse” dat rooivleis en geprosesseerde vleis met kolorektale kanker verband hou en dat daar “beperkte maar besliste aanduidings” is dat hierdie vleise met kankers van die longe, slukderm, pankreas, prostaat en endometrium verband hou.
Praat ons van reuseporsies vleis? Glad nie. Die normale 100 g porsie is so groot soos ’n pakkie sigarette. ’n Lady steak is 150 g – 200 g, en dus tot twee keer meer. Die 50 g verwerkte vleis is ekwivalent aan een Weense worsie of twee snytjies ham – soveel as wat jy maklik vir ’n ligte middagete op ’n broodjie sit.
Kortom: die mense in die ondersoeke het vleis maar net soos die meeste van ons geëet – ’n porsie rooivleis elke dag.
En oor ’n leeftyd ’n onverwags hoë prys daarvoor betaal. Daar is veral kommer oor die kankerwekkers nitrosoamiene (NOC’s) afkomstig van kouevleis en peptiede in rooivleis; heterosikliese amiene (HCA’s) wat vorm wanneer vleis by hoë temperature gebraai word; en die polisikliese aromatiese waterkoolstowwe (PAHs) wat veral vorm wanneer vleis oor kole of op die stoof verbruin word.
Hoe seker is ons rooivleis is die sondaar? Wat van al die ander moontlikhede?
Die feit is dat die meerderheid ondersoeke hierdie verband optel. Die interessantste is dat navorsers al sterker bewyse kry vir die teorieë wat kan verklaar hoe vleis ’n sneller vir hierdie siektes kan wees. Van die waar-skynlikste meganismes wat tans uitgepluis word is:
Die vleis-en-hartkwale teorieë
Ons weet lankal dat veral versadigde vette in vleis jou lewer prikkel om meer cholesterol te maak. Hierdie oormaat cholesterol slaan op jou aarwande neer, en so vernou jou slagare. Maar dieselfde hoeveelheid bloed moet deur jou vernoude are pomp.
Die gevolg? Meer druk, oftewel hoër bloeddruk, en selfs bloedklonte wat vorm en die aar heeltemal verstop, en so op ’n beroerte of hartaanval uitloop.
Tot dusver is gedink dat maer vleis hartvriendelik behoort te wees. Maar daar is ’n nuwe kinkel in die kabel: dit blyk nou dat die yster, waarvan rooivleis ’n ryk bron is, die vorming van vrye radikale aanmoedig, wat dan weefselskade op veral die aarwande veroorsaak, waar cholesterol neerlê en dan die are uiteindelik verstop.
Die vleis-en-diabetes teorieë
Hoe werk vleis en diabetes? Glukose is die brandstof waarop ons liggame loop. Jou liggaam vervaardig glukose uit die kos wat jy eet. Die hormoon, insulien, dra die glukose via jou bloed na jou selle. Jou selle het “sensors” wat insulien “lees” en oopmaak om die glukose in die sel in te laat. Baie vette – en dit is waar versadigde dierevette van vleis inkom – blokkeer die sensors. Die gevolg? Jou selle kry nie brandstof nie en jy ontwikkel diabetes.
Daar is ander teorieë ook, soos dat die vrye radikale, (jou liggaam het meer hiervan as jy baie rooivleis eet) die betaselle vernietig wat insulien vervaardig. Jou liggaam kan dus nie genoeg insulien maak om glukose na die selle te dra nie.
Die vleis-en-kanker teorieë
Hier is een van die sterkste teorieë: As jy te veel eet, en veral van kos met baie versadigde vette (veral vleis) en baie hoë GI kool-hidrate soos witbrood, soetgoed, gebak en lekkers, en terselfdertyd min vesel inneem, verhoog jou insulienagtige groeifaktore. Hoë vlakke van groeifaktore kan kankerselle stimuleer en so tot kankers lei. Dit klink weer logies dat maer vleis beter sal wees maar met die gaarmaak van rooivleis vorm heterosikliese amiene, wat kankerwekkend is. Maer of vet maak dalk nie veel saak nie.
Kouevleis bevat nitriete en nitrate, wat ook potensiaal as kankerwekkers het.
Bronne: Hartstigting, American Association of Cancer Research, Universiteit Toronto en ander.
– Hoewel navorsing wys dat twee porsies rooivleis per week veilig is, sê dieetkundige Ilsabé Spoelstra jy kan meer eet, mits jy jou vleis reg gaarmaak en beskermende kos soos groente daarmee saam eet. As jy in pas met oorsese navorsing wil bly, koop jou vleis aan op die beginsel dat julle net twee porsies (drie maksimum) rooivleis per week nodig het. Een porsie is 80-100 g. Onthou, vark, volstruis en kouevleis tel ook as rooivleis. Sorg vir meer hoenderborsies en vis vir die ander dae.
– Koop liewer die maer snitte, soos volstruis, en die snitte waarvan jy vet kan afsny soos vark, bief en skaaptjops.
– Jy sal makliker jul rooivleis verminder as jy beplan wanneer jy dit gaan voorsit. As julle naweke braai, hou deur die week hoofsaaklik by witvleis.
– Maak jul vleis op die gesonde maniere gaar. “Vaal” vleis en bredies is die beste, want wanneer jy vleis bruin braai, vorm daar kankerwekkende koolstof en akrielamied. Stowe jou vleis in ’n bietjie water gegeur met pietersielie. So kook jy al die vet uit die vetter snitte soos nek, wors en maalvleis. Gooi dan die vetwater weg, en geur en kleur jou vleis met Bisto, uie, tamaties of kruie. As jy vleis rooster, laat dit net effens verbruin sodat minder koolstowwe en akrielamied vorm. Gemarineerde vleis moenie swart brand nie, want die suiker daarin is ’n groot bron van akrielamied.
– Sorg vir baie groente en slaai. Jou bord behoort drie kwart groente en slaai en een kwart vleis te bevat.
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.