kategorieë: DekorLeefstyl

Die mooiste muurpapier

Vir dekades het mense liefs ’n veiliger keuse gemaak as dit by die mure in hul huis kom, maar neigings in muurpapier verander voortdurend. In 2017 word daar wegbeweeg van ’n minimalistiese voorkoms en sterker ontwerpe en kleure word verkies. Veral geometriese ontwerpe vier hoogty.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Daar is ook ’n neiging na fyner patrone, voëls en dekadente skitter-afwerkings. Die skaal van die ontwerp is meestal groot en word nie meer tot slegs een muur beperk nie. Vloerlyste word dikwels in kontrasterende kleure geverf. Daar is ’n groot terugkeer na donker of helder kleure wat ’n meer kontemporêre gevoel skep. Tog bly pastelle steeds gewild.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Deesdae is muurpapier in enige voorkoms waaraan jy kan dink beskikbaar – van klassiek, neutraal tot Boheems. Dit word ’n kunswerk eerder as ’n muurbedekking.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Digitaal-gedrukte muurpapier is ook baie gewild. Hier is onbeperkte kleurpalette beskikbaar en is daar geen beperking wanneer dit kom by die grootte van die patroon nie. Die resultaat is groot ontwerpe wat ’n unieke effek skep. Sommige plekke soos Smart Art kan jou eie kunswerk in muurpapier omskep.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Verskaffers

Vye Graphics: 021 534 7368/9
Quagga fabrics & wallpapers: fabrics-wallpapers.co.za
Sasi Wallpaper: sasiwallpaper.co.za
Wallpaper Inn: shop.wallpaperinn.co.za
Smart Art: 021 4470872

Deel
Gepubliseer deur
Cornel Dunn
Tags: muurpapier

Onlangse plasings

MSI Vakansieverkope: Maak die Perfekte Geskenk Oop Hierdie Seisoen!

MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…

3 days Gelede

Maak vanjaar jou beste jaar

Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…

4 days Gelede

Skoonheidsprodukte: foute wat almal maak

Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…

4 days Gelede

Maklike gemmerbier – sonder gis

Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.

4 days Gelede

Ken jou vonkelwyn

Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…

4 days Gelede

5 maniere om jou dag reg te begin

Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.