Die mooiste lipstiffies wat jy hierdie somer moet dra deur Suzanne Kotzé. Hooffoto: Gromovatay/Pixabay
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Hierdie lipstiffietendens gaan meer oor die lipstiffiedraer as die lippe. Lipstiffiekleure is steeds glansryk, maar die manier waarop ons dit dra, lyk meer realisties – effens gesmeer en minder “gedoen.”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Hierdie verskillende lipkleure en voorkomste is deel van MAC Cosmetics se Suprematism-tendens wat die glansrykheid van gedefinieerde lippe met ‘n moderne gevoel integreer.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Foto: M.A.C Cosmetics
Lipstiffie wat effens gesmeer is om die kante lyk moeiteloos mooi.
Om moeiteloos mooi te lyk is ‘n reuse-tendens nie net in grimering nie, maar dit geld ook hare en mode,” sê Marco Louis Ackers, senior grimeerkunstenaar vir MAC Cosmetics Africa.
Hy beveel aan dat jy ‘n oogskaduborseltjie (soos MAC #217) gebruik en klein, ligte sirkelbewegings om die buitelyne van jou mond maak om dit effens te smeer.
Maar wees versigtig om nie oor die buitelyne van jou lippe te gaan nie. Die kleur moet van volle kleur in die middel gaan tot byna niks om die kante nie.
Lees ook: Hoe om helderpienk lipstiffie te dra volgens jou veltoon
Probeer die volgende produkte
Foto: M.A.C Cosmetics
Lippe wat die kollig steel, is die maklikste manier om ‘n tikkie vroulikheid aan jou voorkoms te gee.
“Mat lipstiffie is steeds baie in,” sê Marco.
Ons is gaande oor die diep pienk skakerings vir die somer!
Foto: MAC Cosmetics“Hierdie voorkoms is seker my gunsteling van die seisoen,” sê Marco.
Kies ‘n onderlaag in ‘n satyntekstuur (soos MAC Studio Sculp Foundation), borsel jou wenkbroue op, wend maskara aan en plaas die kollig op jou lippe met ‘n diep rooi of baksteenkleur.
“Die voorkoms is elegant en lyk haute moeiteloos.”
Foto: MAC Cosmetics
Gebruik dieselfde skakering vir jou lippe en wange.
“Vir die voorkoms gebruik grimeerkunstenaars lipstiffie op die wange en lippe en dit is maklik om te doen,” sê Marco.
Ons hou van die koraalskakerings! ‘n Moet vir die somer.
Foto: MAC Cosmetics
Ombré lippe is al vir ‘n paar seisoene in die mode.
“Vir die voorkoms op die foto word die ombré lippe saam met ’n moderne skoon voorkoms gedra, maar op Instagram sien jy dit dikwels ook saam met dramatiese oë,” sê Marco.
Ons sê ja vir minder is meer en verkies die natuurlike, minimalistiese voorkoms saam met die aandag-trek-lippe.
“Die truuk vir die voorkoms is om ‘n ligter lipstiffie in die middel van jou lippe te gebruik en ‘n donker kleur buite. Dit skep ook die illusie van voller lippe.”
Sou jy dit die eerste keer probeer, beveel Marco aan dat jy MAC Viva Glam Lipstick 1 buite en MAC Lipstick in Lady Danger in die middel gebruik.
Foto: MAC Cosmetics
Die mat bruinerige natuurlike skakerings werk goed saam met die natuurlike voorkoms.
Hou die res van jou grimering in dieselfde skakerings sodat dit ook ‘n monochromatiese gevoel het.
Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…
Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…
Genoeg vir 8 Bestanddele Tertdeeg 375 g koekmeel 2,5 ml (½…
In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…
Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi …
Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…
Hierdie webwerf gebruik koekies.