Die mooiste kantoordrag onder R500 wat jy nou moet koop deur Bea Lingenfelder en Susra Matthee
1. Die knopiesrok
’n Rok met ’n kraag en knope is die koeler alternatief vir die bekende kantoorbloes. Die knope gee struktuur aan die vloeiende rok. Verder kan jy vorm skep met ’n bypassende gordel, of kies ’n rok wat gestruktureerd is om jou middel – dis ietwat statiger as die informele strandstylrok.
Lees ook: Die beste trends van die 80s is terug – en dis hoe jy dit moet dra!

Midirok met knoopgordel (R499) & Wit maksirok (499) albei van Woolworths
2. ’n Sterk handsak
Klassieke eenkleurhandsakke vertoon dadelik stylvoller en is die veilige keuse vir ’n kantoor. Kies een wat groot en sterk genoeg is om jou skootrekenaar en ander benodigdhede te hou.
Lees ook: Die sonbrilstyl wat jy in 2020 moet probeer

Kunsleer handsak (R399,95) Edgars
3. Minimalistiese juwele
Jou klere vir werk steun dikwels op die praktiese element, daarom is fyner, minimalistiese bykomstighede ’n goeie keuse. Kies ’n unieke ontwerp wat steeds jou uitrusting stylvol sal aanvul sonder om te oorheers.
Lees ook: Detoks jou klerekas in ’n japtrap

Koper armband van murano-glas en goue vermenging (R320) Adjani beskikbaar by KAMERS/Makers
4. Haarboog
Haarjuwele is ’n maklike manier op jou voorkoms op te dollie. ’n Haarband met detail is genoeg afronding, en dan is dit selfs nie nodig vir ander juwele nie.
#rrWenk: Kry sommer een in elke styl – klassiek, prettig en dramaties.
Lees ook: Ken jou liggaamsvorm om jou figuur te vlei. Ons wys jou hoe.

Haarboog met krale-detail (R175) Poetry Die mooiste kantoordrag onder R500 wat jy nou moet koop
5. Statige skoene
Skoene speel ’n baie groot rol in jou uitrusting. Die statige puntskoen is altyd ’n sjiek wenner, maar deesdae is sandale net so stylvol. Maak net seker jou skoene pas by jou leefstyl, die res van jou uitrusting en ook jou werk se klere-etiket.
Lees ook: 1 item, 3 maniere: Die snyersbaadjie

Hakskoen met gepunte toon (R349) Edgars & Sandaal met luiperddrukwerk (R249) Superbalist
Kry dit hier: