Die mooiste inspirasie vir kort hare
Die mooiste inspirasie vir kort hare wat jy nou moet probeer deur Suzanne Kotzé. Hooffoto: zilli/istock images
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Kyk net Charlize se nuwe “bowl”-kapsel. Dit is glo vir haar rol as kuberterroris Cipher in The Fast and Furious 9.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Haar haarstilis Adir Abergel het glo hierdie ou foto van supermodelle Linda Evangelista en Cindy Craword, wat in die vroeë 1990’s deur Peter Lindbergh geneem is, as inspirasie vir die styl gebruik.
Die Beatles het die “bowl cut” in die sestigerjare bekend gemaak. Die snit word so genoem omdat jy glo ‘n bak op iemand se kop gesit het en die hare wat uitsteek, afgesny het!
Die mooiste inspirasie vir kort hare
Supermodel Karlie Kloss is bekend vir haar bob en kyk net hoe mooi is dié bob wat sy in die modeweek laat sny het.
Soms word ’n mens oortuig om vreemde goed vir tydskrifvoorblaaie te doen – vra maar vir Diaan Lawrenson! Sy het haar hare pienk gekleur vir ons April-voorblad. Kyk hier.
Die mooiste inspirasie vir kort hare Foto: Kristina Stojiljkovic
Op twintig was Karlie bekend vir haar lang hare en die Vogue-redakteur, Anna Wintour, het haar oortuig om haar hare op die stel te sny waar hul foto’s geneem is.
Kyk na haar oulike video hier:
Kyk net hoe mooi lyk Kerry Washington (baie van ons ken haar as Olive Pope in die reeks Scandal) met haar bob. Dis die ideale styl as jy ‘n effense krul in jou hare het. ‘n Lekker styl vir die somer wanneer jy net mousse of tekstuursproei wil gebruik en nie jou hare wil reguit blaas nie.
Aktrise January Jones se bob lyk ewe mooi met tekstuur en effens gegolf of reguit.
Haar ikoniese 1960’s bob van haar karakter Betty Draper in die reeks Mad Men.
Die Britse model en aktrise Jourdan Dunn se bob skep die gevoel dat sy sommer net haar vingers daardeur getrek het. Kyk hoe mooi is die gekrulde punte.
Nadat Kate haar hare in 2018 stomp afgeskeer het vir die musiekblyspel Sister het dit nou weer taamlik gegroei en ons is verlief op haar langer bob – die lob. Van die kleur tot die snit en die manier waarop sy haar hare net moeiteloos mooi kan laat lyk, is indrukwekkend. #hairgoals!
Hierdie korter styl van haar was ook so mooi!
En so het sy met haar heel kort hare gelyk.
Games of Thrones-aktrise Maisie Williams (wat die rol van Arya Stark vertolk het sedert sy 12 was) het haar lang pienk lokke verruil vir ‘n elegante, reguit bob wat sy by die onlangse Emmys gewys het. Ons lief die kuifie.
Haar haarstilis Ryan Richman sê nadat Game of Thrones tot ‘n einde gekom het, wou hy Maisie meer volwasse laat lyk sodat sy vir meer volwasse rolle gekies kan word, en daarom is haar hare ook in ‘n natuurlike bruin skakering gekleur.
So het sy voor die tyd met haar pienk hare gelyk (ook oulik!)
Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…
Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…
Genoeg vir 8 Bestanddele Tertdeeg 375 g koekmeel 2,5 ml (½…
In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…
Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi …
Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…
Hierdie webwerf gebruik koekies.