Die mooiste foto’s van Prins George se 6de verjaardag deur Catherine Schenck. Foto’s: Die hertogin van Cambridge, via Getty Images.
Kan jy glo? Prins George, Catherine en prins William se oudste seuntjie, word vandag ses jaar oud!
Die koninklike gesin het amptelike portrette van hom gedeel, en dis duidelik dat dié seuntjie van sport hou – in twee van die foto’s dra hy ’n Engeland-sokkertruitjie.
Op hul sosiale media platforms het die koninklike familie dié seuntjie geluk gewens met sy verjaardag. Hulle noem dat die foto’s deur sy ma, Catherine, in die tuin van Kensington-paleis, die gesin se woning, geneem is.
Catherine is ’n kranige fotograaf en neem gereeld die amptelike gesinsfoto’s van die koninklikes. Ons kan nie wag om nog foto’s van hierdie pragtige seuntjie en sy sussie, Charlotte, en bababoetie Louis, te sien nie – en moenie vergeet van nefie Archie nie!
Het jy geweet? Catherine is nie die enigste kunstige koninklike nie. Haar skoonpa, Prins Charles, geniet dit om te skilder! Loer hier.
Vir nog heerlike stories oor en foto’s van die koninklikes, loer hier:
Harry en Meghan
Prins Harry en Meghan deel foto’s van hul eerste huweliksherdenking
Die eerste foto’s van Archie Harrison
Die mooiste foto’s van Archie se doop
Prins Harry en die springmieliedief
Prins Harry en Meghan is verloof!
Prins Harry en Meghan gesels oor hul verlowing
Ontmoet Meghan Markle – Prinses persoonlikheid
William en Catherine
Prinses Charlotte gaan kleuterskool toe
Prinses Charlotte word 4 jaar oud
Prins George se eerste skooldag
Prinses Diana
Harry en William vertel oor hul laaste oproep aan Diana
Nog koninklike nuus
Prins Philip tree uit sy openbare rol