Die mooiste foto’s van die Pretoria KANSA-tee 2019
Laasjaar het die jaarlikse rooi rose-Kansa-tee in samewerking met Spar weer op ’n hoogtepunt afgesluit toe 1 600 gaste in Pretoria lekker saamgekuier het.
Die tema “Blom in Volkleur” het die kreatiewe gasvroue laat blom, en ons is toegevou deur die kleur en geure van pragtige, vars blomme. Ons het lekker gelag, gesels en hier en daar ook ’n traantjie gepink.
Die sprankelende RSG-aanbieder Amore Bekker was die seremoniemeester, aktrise Nadia Beukes het iets van haar lewe gedeel en gaste verseker dat daar ná stormreën altyd ’n reënboog wag. Natuurlik het gaste ook aan Zelda la Grange se lippe gehang.
Appel, Dewald Wasserfall en Leah het vir die vermaak gesorg en het die oggend op ’n hoë noot afgesluit.
Aan elke borg, gasvrou en helper wat tot die sukses van die dag bygedra het, sê ons baie dankie. Ons sien uit daarna om volgende jaar weer lekker saam te kuier!
Loer hier na die foto’s van ons Bloemfontein KANSA-tee en van ons Kaapse KANSA-tee.
Borge
Loer hier na die mooiste foto’s van die Pretoria KANSA-tee 2019