kategorieë: Ons menseBekendes

Die mooiste foto’s van Archie Harrison se doop

Die mooiste foto’s van Archie Harrison se doop deur Catherine Schenck. Hooffoto: ROTA/Chris Allerton/SussexRoyal

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Prins Harry en Meghan, hertog en hertogin van Sussex, se babaseuntjie, Archie Harrison, is die afgelope Saterdag, 6 Julie 2019, in die Private Kapel by Windsorkasteel gedoop. Dit was glo ’n klein, intieme funksie en die Aartsbiskop van Canterbury het die diens gelei.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Die heel eerste foto’s van Archie Harrison Mountbatten-Windsor!

Op hul Instagram-blad het die hertog en hertogin almal vir hul ondersteuning en mooi wense bedank: “Die hertog en hertogin van Sussex is so bly om die vreugde en van hierdie dag met lede van die publiek te deel, wat so ondersteunend was sedert die geboorte van hul seun. Hulle bedank julle vir jul welwillendheid en dat julle hul vreugde oor hul eersteling deur hierdie spesiale geleentheid saam met hulle vier.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hulle noem ook dat hulle baie bevoorreg voel om die dag met familie en Archie se peetouers te kon deel.

Lees ook: Harry en Meghan deel foto’s van hul eerste huweliksherdenking

Op sosiale media deel die koninklikes die mooiste foto’s van Archie Harrison se doop – soos hierdie gesinsfoto!

In die amptelike foto is die volgende familielede te siene:

Sittend: Camilla, hertogin van Cornwall, Harry, hertog van Sussex, Archie Harrison Mountbatten-Windsor, Meghan, hertogin van Sussex en Catherine, hertogin van Cambridge.
Staande: Charles, Prins van Wallis, Me. Doria Ragland, Lady Jane Fellowes, Lady Sarah McCorquodale, en William, hertog van Cambridge.

Lees ook: Trek jou kind soos ’n koninklike aan

Die dooprok

Harry en Meghan het die koninklike tradisie voortgesit deur die koninklike dooprok te gebruik. Hierdie kledingstuk het ’n interessante verhaal!

Volgens die koninklikes is die dooprok wat Archie gedra het ʼn handgemaakte replika van die dooprok wat deur koningin Victoria vir haar eersteling in 1841 laat maak is. Dié rok is gemaak van ragfyn Honiton-kant en satyn en is daarna deur die koninklike familie gebruik wanneer ʼn babatjie gedoop moes word. Koningin Elizabeth, haar kinders én kleinkinders is almal ook in dié rok gedoop, maar in 2004 het Elizabeth ʼn replika van dié rok laat maak sodat die oorspronklike een behoue kan bly.

Die afgelope 11 jaar is al die babas in die koninklike familie in dié replika gedoop.

Lees ook: Hekel self ’n dooprokkie

Loer net hier!

Ons het een van ons ou voorblaaie gevind met Archie se pa, Harry, en sy ouma Diana tydens Harry se doop! Harry dra die oorspronklike dooprok.

Het jy geweet?

Ons het ons eie podsendingskanaal met die wonderlikste gesprekke, #rrRADIO! Ons het ’n vervolgverhaal genaamd Botox, Barbies en Bietse; Ilse Salzwedel gesels met bekendes op Tee & Taai Toffies; en Mariette Snyman verken vroulike seksuele gesondheid en gelukkige verhoudings op Tussen Ons. Luister sommer nou – dis gratis!

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

3 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

3 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.