Deur Margaret Gardiner. Vertaal en verwerk deur Hannelie Diedericks.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Ek is ’n gewone meisie wat op ’n klein dorpie grootgeword het en lief is vir die buitelewe. Ek het van kleins af groot drome gehad oor die lewe in die stad met sy blink ligte. Ek is baie gesteld op fiksheid, maar is ook mal oor lekker kos en is baie lief vir my honde.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Mej. Heelal bied ’n reuse-platform wat my in staat sal stel om ’n verskil in vroue wêreldwyd se lewe te maak. Dis presies hoekom ek hierdie titel wou wen.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Ek dink dis my persoonlikheid. Wanneer ’n mens iemand leer ken, word haar skoonheid deur haar persoonlikheid gekomplementeer.
My ouers is geskei. Ek is my ma se enigste kind, en my pa en stiefma het twee dogters – ek en my halfsussie.
B.Com. Besigheidsbestuur en Entrepreneurskap aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom. Ek dink besigheid is in my bloed. Albei my ouers is entrepreneurs. Dit is ’n baie interessante veld omdat dit heeltyd verander en ’n mens daarby moet aanpas. Ek onthou ek was vyf jaar oud toe ek my ma geld gevra het om ’n pastei vir middagete te koop. Pleks van een pastei het ek tien gekoop en dit die volgende dag aan die ander kinders teen dubbel die prys verkoop (lag).
Nee, ek het in 2017 vir die eerste keer vir die Mej. Suid-Afrika-kompetisie ingeskryf. Ek dink ek het gewen omdat ek goed voorbereid was. Ek was nog besig met my studie toe ek besluit dat ek eers sou inskryf nadat ek my graad gekry het. Ek wou seker maak dat ek alles gedoen het wat ek wou voor ek inskryf.
Die formaat verskil heelwat. Die Mej. SA-veldtog is agt maande lank. Maar ek dink die lang proses het my met my voorbereiding gehelp. My goeie vriende en familie het van die begin af in my geglo – hulle was ekstaties toe ek wen.
Nee, ek het nie geweet ek is ’n gunsteling nie. Ek het net elke dag daarop gefokus om die beste weergawe van myself te wees, en om elke dag ’n beter mens as die vorige dag te wees.
Dit mededinging was baie straf, maar my grootste uitdaging was om seker te maak dat ek gesond bly en om my energie konstant op ’n hoë vlak te hou. Jy werk lang ure en is 24 uur per dag besig om met die res van die deelnemers mee te ding. Die lang vlug na Las Vegas en die tien uur-tydsverskil het dinge ook nie makliker gemaak nie – aan die ander kant het ek 91 nuwe vriende van oral in die wêreld gemaak. Die kompetisie maak regtig die wêreld vir jou oop en gee jou ’n nuwe perspektief.
Ek het New York toe getrek, die Filippyne besoek en die Golden Globes saam met jou bygewoon! Ek het dele van New York verken. Ek het ook die tyd gebruik om te beplan vir die jaar wat voorlê. Ek het ook ’n paar geleenthede gehad om oor my Unbreakable-veldtog te praat – ek wil die veldtog gebruik om vroue wêreldwyd te ondersteun.
Lees hier oor Demi-Leigh se Unbreakable-veldtog.
Dis baie knus en gemaklik met ongelooflike uitsigte oor die stad. Dis vir my ’n veilige hawe – my rusplek weg van bedrywige Manhattan.
Vir seker die koue. Ek het geleer om in lae aan te trek. Solank my voete, hande en kop warm is, is ek oukei.
Ek het soos ’n tipiese toeris buitetoe gehardloop en heeltemal te veel foto’s en video’s van die sneeu geneem.
Ek drink baie water – drie liter per dag. Ek gebruik goeie velsorgprodukte – vogroom en oogroom is veral belangrik, en ek probeer soveel moontlik slaap en oefen minstens vier keer per week.
Jy het 39 jaar gelede gewen. Almal in Suid-Afrika was baie trots daarop dat ons ’n vorige Mej. Heelal gehad het. Ek dink jy was ’n groot inspirasie vir elke meisie wat deelgeneem het.
Ek het geleer dat dit oukei is om nie perfek te wees nie. Dis makliker om met mense te kommunikeer wat eg is. Benut dít wat jou anders maak ten volle. ’n Mens kan jou skoonheid met selfvertroue vier, dit hang nie van ’n titel af nie.
Beslis die reis. Ek het nog nooit so baie gereis nie! Asook die verantwoordelikheid om ’n verskil te maak. Ek probeer nie eens meer om by die tydsverskille aan te pas nie. Ek slaap maar net wanneer ek kan. Oefening help baie om vlugvoosheid teë te werk en dis goed vir jou lyf as jy soveel uur moet stilsit. Ek probeer ook om baie water te drink en gesond te eet.
Ek slaap, of ek skryf in my dagboek en dink na oor wat ek gaan doen. ’n Goeie fliek en musiek laat ook die ure verbyvlieg.
Die feit dat ek vir ’n jaar in New York kan bly, die wêreld kan platreis, mense ontmoet en plekke besoek wat ek nooit andersins sou kon doen nie. En natuurlik die geleentheid om hierdie platform te kan gebruik vir die dinge wat vir my belangrik is. Dis die grootste prys!
Gesigpoeier, lipglans, my beursie, naelvyl, handeroom, oogdruppels en vitamien C-tablette.
Gert-Johan Coetzee en Anél Botha. Anél het ook my finale uitrusting vir die Mej. Heelal-kompetisie gemaak.
Ek kon nie die rok hou wat ek by die Globes gedra het nie, maar ek kry soms geborgde klere. Ek is oukei daarmee om ’n rok net een keer vir ’n spesiale geleentheid aan te trek.
Die Globes was nou een geleentheid waarvan ek gedroom het. Ek het baie geëerd gevoel om langs jou by die rooi tapyt af te loop. Dit was ’n báie spesiale oomblik. Dit was ook vreemd om van my gunsteling-aktrises te sien – mense soos Meryl Streep, Angelina Jolie en Oprah. Maar gelukkig het ek gemaklik gevoel omdat jy by my was. My vriende en familie by die huis het tot in die vroeë oggendure wakker gebly om dit te sien.
Ek was trots daarop om deel te wees van die Times Up-beweging deur ’n swart rok te dra en saam met vroue wêreldwyd ons afkeer van seksuele molestering en mishandeling duidelik te maak. Dit was baie emosioneel.
Moenie meegesleur word deur die daaglikse chaos nie. Staan terug, haal diep asem en beleef die oomblik ten volle.
Drome word net waar as jy daaraan werk. Met harde werk en toewyding kan jy enigiets vermag.
Ek het agt maande gelede, ná ek ’n motorkaping oorleef het, ’n veldtog genaamd Unbreakable in Suid-Afrika van stapel gestuur. Ek wil ek ander vroue help om hulself te kan beskerm sou iets met hulle gebeur. Ek was gelukkig genoeg om die regte opleiding en kennis te hê om so ’n situasie te hanteer. Ek het landwyd werkwinkels aangebied waar ek die opleiding en kennis wat ek het met ander vroue gedeel het. Ek hoop dat ek die Mej. Heelal-platform kan gebruik om meer hieroor te praat omdat geweld teen vroue ’n wêreldwye verskynsel is.
“My hart is vol vreugde en dankbaarheid. Die week in Suid-Afrika was die beste week van my lewe. Ek het dit glad nie verwag nie en ek is so dankbaar teenoor almal wat my week so spesiaal en onvergeetlik gemaak het. My huis is waar my hart is, en Suid-Afrika sal altyd my hart hê. Ek is so geëerd om ons pragtige reënboognasie te verteenwoordig en om die wêreld te wys wat dit is wat Suid-Afrikaners spesiaal maak.”
Ek staan op die punt van die rooi tapyt by die Golden Globes toe my telefoon lui. Dis Demi-Leigh se assistent wat sê dat hulle by sekuriteit verby is. Hoe het ek hulle gemis? Ek trek my stilettos uit en hardloop terug na die onthaalsaal. My telefoon lui weer: “Ons is hier!” “Waar is hier?” “By die begin van die tapyt.”
Die Golden Globes is ’n reuse-geleentheid in Los Angeles en groot dele van Beverly Hills word heeltemal afgebaken. Bomspesialiste met honde patrolleer die gebied en die gaste moet deur verskeie sekuriteitshekke gaan voordat die limousines die sterre by die punt van die rooi tapyt aflaai.
Ná 39 jaar het ’n Suid-Afrikaner weer die Mej. Heelal-titel verower, en my geskenk aan Demi-Leigh was die uitnodiging na die Golden Globes – een van Hollywood se glansrykste aande van die jaar. Sy is my persoonlike gas en word op die hande gedra nes die A-lys-sterre wat die plek vol staan. Ek het elke moontlike voorsorg getref om seker te maak dat ek hier is wanneer sy opdaag, en nou is daar ’n misverstand! Ek tel die soom van my lang Oliver Tolentino-rok op, my skoene in die ander hand en hardloop terug terwyl die mense vir my lag en sê ek hardloop in die verkeerde rigting. Net voor sekuriteit gaan staan ek, trek my skoene aan en trek my rok reg. En daar reg voor my staan sy. Doodstil tussen die chaos wat haar omring. Ons bars gelyk uit van die lag en gee mekaar ’n drukkie. Ons giggel en lag soos ou vriende. Daar is soveel wat ons vir mekaar wil sê. Ná ’n paar rooi tapyt-
onderhoude is dit duidelik hoekom Demi gewen het. Mense is vinnig om grappies te maak oor skoonheidskoninginne, maar Mej. Heelal verg baie meer as net skoonheid. Jy moet vinnig en uit die vuis kan dink en ’n goeie kop op jou skouers hê. Sy is welsprekend en weet hoe belangrik die platform is wat saam met die titel gaan. Tussen die aand se verrigtinge deur gesels ons land en sand. Ek vra haar uit oor haar aspirasies, haar nuwe lewe en haar familie. En ek vertel haar dat vanjaar haar jaar is. Dit word gou duidelik dat Demi alles met ’n plan aanpak. Sy bly kalm te midde van die storm en is baie gemaklik in die kollig. Haar jaar sal tel. Haar visie en vasberadenheid sal haar goed te pas kom, nog lank nadat sy haar Mej. Heelal-kroon afgehaal het. Sy is óns meisie. Ons Mej. Suid-Afrika. Ons Mej. Heelal.
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.