kategorieë: DekorLeefstyl

Die moets en moenies van helder kleure in jou huis

Die moets en moenies van helder kleure in jou huis. Deur Cornel Dunn. Hooffoto: iStock

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wanneer jy besluit om jou huis met helder kleure op te kikker, is die basiskleur die belangrikste faktor. Deur ’n oorheersende basiskleur te kies kan jy verhoed dat dinge buite beheer raak. Kies ’n fokuspunt in die vertrek en bou die dekor daar rondom.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Indien jy ’n helder muur verkies, hou die meubels neutraal, en andersom.

#rrWenk: Toets altyd die muurkleur om te voorkom dat jy ’n reusefout maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hoe om helder kleure in kinderkamers te gebruik

Die gebruik van primêre kleure werk stimulerend in op jou kleuter se brein.

Dis ’n goeie idee om dalk eerder verskillende patrone in dieselfde kleurskema te gebruik en dan die mure wit te hou. Alhoewel die vertrek dan baie kleurvol is, vorm dit so tog ’n eenheid.

So ’n kamer “groei” dan makliker saam met jou kleinding, omdat dit die minimum kos om te verander.

Lees ook: Tower enige vertrek om met muurplakkers – plus dis bekostigbaar!

Lees ook: Die 5 beste wenke vir kinderkamers

Omhels kleur in jou kombuis!

So ’n  kleurvolle kombuis is ’n lus vir die oog. Die oranje kabinette staan uit, maar die kleur word herhaal in die vloerbedekking en pas daarom goed in.

Die spatsels groen van die plante en bykomstighede komplementeer ook die mat op dieselfde manier.

Jy kan altyd hierdie voorkoms namaak in die kleure van jou keuse.

Lees ook: Gebruik so Dulux se kleur van 2020

Lees ook: 7 dinge wat op elke balkon moet wees

Herfskleure lyk regdeur die jaar mooi

Hier is ook gebruik gemaak van ’n ligte basiskleur in die vertrek het wat gekomplementeer word deur helder herfskleure.

Die mat is ’n samestelling van al die ander kleure van die vertrek en trek so alles bymekaar.

Die natuurlike elemente soos die houttafeltjie en mandjies en veral die vloer skep warmte.

Lees ook: Versier jou huis met blou-en-wit Delftpatrone!

Lees ook: Kies jou eie badkamerstyl

Die moets en moenies van ’n gesellige en kleurvolle woonkamer

Ja, pienk en geel kan ook pasmaats wees, solank die toonaard daarvan ooreenkom!

Komplementerende kleure is ideaal vir helder vertrekke en kan baie bevredigend gekombineer word.

Omdat hierdie vertrek besonder helder is, is daar van heelwat minder elemente gebruik gemaak sodat dt nie oorweldigend raak nie.

Lees ook: Jy kan self die mooiste houttafeltjie maak!

Lees ook: Skoonmaakfoute vir meubels wat jy nooit mag maak nie.

Deel
Gepubliseer deur
Cornel Dunn

Onlangse plasings

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

2 hours Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

20 hours Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

21 hours Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

23 hours Gelede

Kleur in met strooikussings

Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…

1 day Gelede

4 geheime van gesonde, gebalanseerde vroue

  1 Eet stadig Die praktyk van hara hachi bu hou die mense van Okinawa…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.