kategorieë: InspirasieJou lewe

Die man agter die lens – Johan Wilke

Die man agter die lens – Johan Wilke deur Cornel Dunn. Foto’s: Johan Wilke

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die man agter die lens

Johan het begin as kommersiële kunstenaar voordat hy sy passie vir fotografie begin uitleef het. Sy persoonlike voorkeur lê by dokumentêre fotografie. Hy probeer om so dikwels moontlik hierdie liefde uit te leef. Hy het reeds 20 uitstallings op sy kerfstok.

Johan Wilke is volksbesit. Sy reis as fotograaf strek vanaf sy seuntjiedae in Port Elizabeth. Hy was ’n skrale 8 jaar oud toe hy besef het hy hoort nie in die Noordeinde van Port Elizabeth nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hy het smiddae deur die strate gedrentel, op soek na elektroniese afval, hout en chemiese produkte om mee te eksperimenteer. Hy het die strate geniet, maar nie die vreemde kyke van verbygangers nie.

Een dag het hy in ’n oop veld ’n groot kartonboks gesien. Hy het besluit om in die boks te klim en het ’n skouspel daarbinne beleef. Deur die opening van die boks het hy beleef wat buite gebeur – soos in ’n fliek!

Alhoewel hy dit nie besef het nie was hy binne ’n “camera obscura.” Deur die opening in die boks het lig by hom verbygestroom wat die beelde van die buitewêreld na hom gebring het.

Sy wêreld het verander. Hy was veilig en alleen.

Hy het dae in die boks deurgebring en kon smiddae na skool nie gou genoeg daarnatoe terugkeer nie. Dit was sy geheime plek. Vandag besef hy hoe waar die woorde van Diane Arbus is: “Fotografie is ’n geheim van ’n geheim.”

Shadows and Light: Johan Wilke se fotoboek

Johan het onlangs fotoboek met van sy beste werke saamgestel. Dit kos R600 en met R60 posgeld word dit enige plek in die land gestuur. Jy kan direk vir Johan skakel om hierdie boek in die hande te kry – dis beslis een vir jou versameling! Skakel hom gerus by 083 395 5925 of stuur ’n e-pos.

Hier is ’n keur van Johan se werke.

Dokumentêr

Johan het reeds sowat 20 dokumentêre uitstallings op sy kerfstok.

Mode

Johan skiet reeds vir meer as 20 jaar rooi rose se mode. Loer net hier …

Leefstyl

Vele bekendes is al deur Johan Wilke se lens verewig. Kyk wie het hy al vasgevang!

Lazarus

Na ’n jaar op die Weskus en met geen persoonlike kreatiewe werk nie het Johan besluit om ’n reeks selfportrette in en om Jacobsbaai met verlate geboue te doen. Dit is vir hom deel van ’n herlewing in sy werk, maar ook ’n nuwe lewe vir die gebou of onderwerp.

Hierdie foto-reeks sal binnekort uitgestal word, so hou Johan se webblad en sosiale media dop vir meer inligting.

Deel
Gepubliseer deur
Cornel Dunn

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

4 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

15 hours Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

1 day Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

1 day Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

1 day Gelede

Kleur in met strooikussings

Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.