kategorieë: KalenderOntspanning

Die Linden-herfsmark is terug op 6 April 2019

Die Linden-herfsmark is terug op 6 April 2019

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Linden hou weer mark!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die eerskomende mark op 6 April 2019 sal ’n salsa-atmosfeer hê met vermaak wat deur Estilo Cubano verskaf word. Die kleingoed sal ook lekker saam kan dans op die maat van die Kubaanse ritme van Afro-Cuban Salsa.

Die dag skop af met joga in die park om 09h00. Asem die vars lug in en raak ontslae van jou spanning voor die mark begin.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Daar sal 150 kreatiewe stalletjies wees en kopers kan uitsien na onder meer handgemaakte speelgoed, juwele en plante en trots Suid-Afrikaanse dekor. Dwaal rond tussen die unieke produkte

of besoek die aanlyn-winkel op hulle webtuiste.

Een van die gewildste orkeste in die land, Georgetown Band, sal hul folk-musiek speel terwyl besoekers in die skaduwee aan die heerlike kos en drankies smul. Daar sal hope ander vermaak wees. Daar sal ook genoeg vermaak wees vir die kinders waaronder ’n springkasteel en gesigverf.  Die ouer kinders kan weer die atmosfeer van die 60’s geniet met kreatiewe knoop-en-doop werk. Hulle kan ook hul eie keramiek ontwerp saam met Pick and Paint Ceramics maak.

Die mark steun die plaaslike liefdadigheidsorganisasies. ’n Ou gunsteling, Date-a-Dog, sal weer daar wees met hulle wollerige bondels liefde wat jy op ’n stappie deur die park kan neem of dalk kan aanneem. Jy kan ook jou eie hond bring na dié hondevriendelike mark.

Kaartjies is beskikbaar by die hek teen R30 per persoon.

Die hekke open om 09h00 en sluit om 16h00.

Veilige parkering is beskikbaar by Roosevelt High, teen R20.

Vir meer inligting, besoek www.thelindenmarket.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

2 hours Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

15 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

1 day Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

2 days Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

2 days Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.