kategorieë: Blogs

Die liefde is blind

Dat die liefde blind is, het elkeen van ons al gehoor òf gesê. Wat dit eintlik meen, is: “Wag maar tot die skille van daardie arme drommel se oë afval. Dan sal hy gou sien watter … (kies jou eie onvleiende selfstandige naamwoord) sy is!”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dis ‘n feit dat mense hulle selfs in die tweede helfte van hul lewe tromp-op teen onvoorsiene onversoenbaarheid vasloop, dikwels ná ‘n euforiese vlaag van verliefdheid. Ek vermoed nie een van ons is regtig hiervan gevrywaar nie. Ons bly maar blootgestel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hoe gebeur dit dat jy vir ‘n algeheel onvanpaste maat val? Volgens ‘n Britse studie onderdruk liefdesgevoelens die aktiwiteitsareas van die brein wat kritiese denke beheer. Amerikaanse navorsers het bevind dat dit ‘n vyfde van ‘n sekonde kan neem om verlief te raak, waarná die brein ekstase-skeppende chemikalië soos dopamien, oksitosien, adrenalien en vasopressien vrylaat.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Maar wie of wat bepaal dat jy juis op daardie spesifieke persoon gefikseer raak?

Ek het ‘n sterk vermoede die wetenskap gaan min bevredigende antwoorde verskaf. Vir al wat ons weet, is daar toe al die tyd iets soos karma. Of word party mense onweerstaanbaar na ‘n uitdaging (lees: moeilikheid) aangetrek. Of is ons op die aarde om sensasioneel karakterbouende lessies te leer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

My vraag is of mensekennis en selfinsig die liefde is blind-ding kan keer. Wat dink jy – kan dit?

Dalk moet ons die internet deurkruis op soek na Liefde Is Blind 101: ’n kursus wat mense leer waar en wanneer hulle om liefdeswil ‘n blinde oog moet gooi. Dan skryf ons op die daad ons lewensmaats in.

As voorsorgmaatreël, net vir ingeval.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Haal die ‘worrie’ uit ‘Janu-worrie’

Ná die reën wat die land oor die laaste twee maande beleef het, is daar…

6 hours Gelede

Blitsvinnige spek en groente quiches

Spek-en-groente-quiches in ’n japtrap!

6 hours Gelede

Altvest maak China se VC-mark oop vir Suid-Afrikaanse beleggers

Met meer as $1 miljard wat deur ervare beleggers, soos RisCura aan waagfondse in China…

10 hours Gelede

Suurlemoenlimonade

Maak nou die heerlikste koel drankie!

1 day Gelede

‘Skemergrond’: Maak jou gordel vas vir hierdie dramatiese wendings in Februarie

Die inwoners van Gemoedsdrif moet weereens moeilike keuses maak, geheime hanteer en hoop vind te…

2 days Gelede

Italiaanse tamatiepasta

Genoeg vir 4.    Bestanddele   ½ ciabattabrood 5 ml (1 t) gekapte knoffel ’n…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.