Die liefde blom vir hierdie twee SA bekendes – een verloof en die ander op die kansel se drumpel
Van ’n nuwe verlowing tot amper-troue – die TV-persoonlikhede Anlia van Rensburg en Marciel Hopkins het die skoot hoog deur en kan nie wag vir die groot dag nie.
Anlia van Rensburg
View this post on Instagram
Die Getroud Met Rugby-aktrise het onlangs ’n ekstra-spesiale verjaardaggeskenk gekry toe haar kêrel – die bekende Springbokrugbyspeler Eben Etzebeth – haar gevra het om te trou. Die verliefde paartjie het in Hyeres op die Franse Riviera verloof geraak.
Anlia het die volgende oor dié gelukkige dag op sosiale media gedeel: “Dankie dat jy vir my ’n onvergeetlike verjaarsdag gegee het! Dit was ‘n heilige oomblik en ek weet nie of ek al ooit so speechless was nie… Jy is net alles @ebenetzebeth4 Op die lewe saam met jou!”
View this post on Instagram
Anlia se nuwe verloofde, Eben, kon ook nie sy opwinding oor dié gebeurtenis wegsteek nie en het ’n foto gedeel waar hy ‘n bottel vonkelwyn spuit terwyl Anlia trots met haar nuwe ring pronk.
View this post on Instagram
Marciel Hopkins
View this post on Instagram
Die model en TV-aanbieder Marciel Hopkins se troue is om die draai en ons kan nie wag om te sien hoe beeldskoon sy op haar spesiale dag gaan lyk nie. Die Boer Soek ’n Vrou-aanbieder het in 2020 die jawoord vir Handré Lourens gegee en staan nou op die drumpel van hul troudag.
“Honeymooners in only 2 weeks time! But for now we’re enjoying this spectacular city on a slow Sunday,” het Marciel onlangs op sosiale media gedeel.
View this post on Instagram
Marciel het ’n paar weke gelede by haar hennepartytjie gestraal waar sy omring was met geliefdes by die Kaapse wynlandgoed, De Grendel. Haar pa, Charles Hopkins, is ook wynmaker by dié wynlandgoed.
Sy het die volgende oor dié spesiale dag op sosiale media gedeel:
“My hart loop oor van dankbaarheid om Saterdag die laaste paar weke voor my troudag met soveel ongelooflike vroue te kon vier met yskoue @degrendelwines MCC en ’n asemrowende uitsig oor Tafelberg! Dankie vir elkeen van julle se aanmoediging, liefde, ondersteuning en sisterhood oor baie jare van vriendskap. Ek put sóveel inspirasie uit die wonderlike vroue, vriendinne en familie in my lewe. Cheers to the final countdown!”
View this post on Instagram
Ons kan nie wag om foto’s van hierdie troue te sien nie!
Lees ook: Sjef Mynhardt se eie kookboek
Hooffoto: Anlia van Rensburg/Instagram