Hy krap-krap met sy vurk in sy bord. Sug. Krap weer. Sug. “Mamma, ek weet regtig nie van enige ander agtjariges wat skorsies eet nie. Ook nie negejariges nie. Ek dink jy begin eers skorsies eet as jy tien is.”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Hy sug weer. Ek sukkel om my lag te hou, maar druk deur. “Skorsies is goed vir jou. Eet.” Skielik is sy blougroen oë vol trane. “Mamma, dis regtig nie fair nie. Die lewe is nie fair nie.” Hy sien hy gaan nie wen nie, staan op en gaan haal ’n groot glas water. ’n Paar happe en die skorsies word afgespoel – die lewe ís nie fair nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Dié week lees ek sanger Sinéad O’Connor se ope brief aan die Hannah Montana-rebel Miley Cyrus. Sinéad se woorde is eerlik en slaan hard, maar tog moederlik en vreemd-liefdevol. Sy waarsku die Wrecking Ball sanger oor die gevare wat haar huidige prostituut-beeld vir haarself en ander inhou. Dan skryf Sinéad:
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }“Yes, I’m suggesting you don’t care for yourself. That has to change. You ought to be protected as a precious young lady by anyone in your employ and anyone around you, including you. This is a dangerous world.”
Die konteks en wêrelde is hoegenaamd nie vergelykbaar nie, maar ek is opnuut bewus van ons verantwoordelikheid om ander te help. Of ek my kind probeer kry om skorsies te eet en of die internasionaal-bekende Sinéad O’Connor vir Miley Cyrus sê wat respek vir haarself en haar lyf is, die onderliggende boodskappe is dieselfde: Dis ’n gevaarlike wêreld. Die lewe is nie fair nie. Pas jouself op.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Vroeër die week sit ek in ’n koffiewinkel in Kloofstraat, Kaapstad. Ek sien die blonde vrou daar. Sy ken my nie, maar ek weet presies wie sy is. Haar man, ’n bekende plaaslike en internasionale sakeman, het ’n jaar of wat gelede sy stryd teen kanker verloor.
Almal wat haar ken sê sy is ’n rots. Ek kyk hoe sy en haar vriendin koffie-in-die-hand ’n bottel olyfolie bekyk en bespreek, haar oë sag. Ek sien hoe sy haar tranerige vriendin troos. Later staan twee ander vroue nader om hulle te groet. Dié twee kom sit skuins agter my. “Sy lyk so goed, kyk so mooi na haarself en haar kinders,” hoor ek en weet dadelik van wie hulle praat. “Dit was darem nie fair nie,” sug-praat die ander. Ek wil-wil omdraai en saamgesels, maar bedink my.
Dieselfde tema duik heel week op. Broer Pieter kuier uit Lagos, Nigerië in die Kaap en middel-van-die-week sit ons saam om ’n braaivleisvuur. Dit lag en gesels, trek mekaar se siele uit, gee raad en sê ons sê oor mekaar se gewoontes. “Weet julle rook is sleg vir julle?” maan ek my broers, wat graag verkondig hulle is die enigste mans wat hulle ken met twee ma’s. “Gaan jy ál daardie poeding eet?” kry een van hulle later ’n beurt om my te berispe.
Ek weet weer: dit moet so wees. Of dit nou gaan oor skorsies, gewaagde videos, die dood, die gevare van sigaretrook of te veel suiker, ons is nie alleen nie. Genadiglik. Die lewe is ook nie fair nie. Maar dis ok.
Ons het mekaar, dis goed so.
Tot volgende week,
Marí
www.incontext.co.za
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Lewer sowat 9 kranse Bestanddele 100 g (160 ml) koekmeel 175 ml water…
Genoeg vir 4. Bestanddele 6 aartappels, in wiggies gesny sout en gemaalde swartpeper…
Genoeg vir 4. Bestanddele 500 g vars pasta, soos tagliatelle of spaghetti 250 ml…
Om jou hond se ore skoon te maak is ’n noodsaaklike deel van sy basiese…
Hierdie webwerf gebruik koekies.