Lysies. Nog lysies. Hierdie tyd van die jaar is dít al hoe ek oorleef. Met bietjie meer as 70 dae voor die begin van 2014 trek my keel toe. Ek maak skoollysies, Kersfeeslysies, huislysies, kinderlysies, koslysies, kantoorlysies, naweeklysies en móét-voor-die-einde-van-die-jaar-lysies. Op laasgenoemde is daar ‘n lysie afsprake:
1. Ginekoloog
2. Mondhigiënis (ook vir kids)
3. Tandarts (ook vir kids)
4. Pediater
5. Oogarts
6. Skoonheidsdeskundige en haarkapper (vir 13 Desember, net voor die see-vakansie begin)
Ek’s ‘n Maagd, hou van orde en maak die afsprake op die ry af. Sug van verligting – die ginekoloog en oogarts is volbespreek tot vroeg in Februarie 2014. Die mondhigiënis en tandarts is reg vir November, die skoonheidsdeskundige en haarkapper het nog ‘n gaatjie op 13 Desember.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Vanmiddag staan ek en my twee skoongeskropte spruite voor die pediater se deur. Naels geknip, ore skoongemaak, hare gewas, Sondagklere aangetrek. Hulle blink. Die geleerde man loer onderdeur sy bril, vra hoe hy kan help. Selfvoldaan sê ek: “Nee Dokter, daar’s niks fout nie. Ek bring hulle net vir hul jaarlikse ondersoek. Dis op my lysie.”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Boeta is eerste aan die beurt. Gewig en lengte bepaal. “Hierdie kêrel gaan net so onder die 2m lank word,” hoor ek.
Dan gebeur dit. Boeta hoes. Dáárdie hoes waarmee hy al die afgelope twee weke rondloop. “Dis maar hierdie tyd van die jaar. Die allergieë,” sê ek. Ek weet. My ma was immers ‘n verpleegster.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Die arts frons. Trek die stetoskoop nader, beluister sy longe. “Jou kind se bors fluit. Ek wil plate neem. Dit klink soos longontsteking.” Ek voel hoe die warm gloed my bekruip. “Gaan neem eers die plate. Dis ernstig. Dan kyk ons na Sussie.” Maar hy’t dan nooit gekla nie, wil ek protesteer. Bly dan liewer stil.
‘n Halfuur later is ons terug. My selfoon biep en blêr. Dis Vrydagmiddag. Kliënte wat ook deur hul lysies werk, dink ek. “Dis longontsteking. Ek moet hom opneem. Reël jou dinge; daar’s nie tyd vir huis toe gaan nie. Hy moet so gou as moontlik in die saal kom.” Ek’s te skaam om te stry. Slegte ma, slegte ma, slegte ma, tik ek myself oor die vingers.
Toe trek hy vir Sussie nader. Sy slaag die toets met vlieënde vaandels. Dankie tog, dink ek.
Laataand, op die groen slaapstoel in die kindersaal, kyk ek na die naweeklysie. “Wat staar jy so?” vra die saalsuster.
Ongeduldige enetjie dié, dink ek. “Ek’s ‘n slegte ma,” teem ek. “As my kind nie kla nie hoe moet ek weet hy’t longontsteking?”
Dan kom dit, beslis: “ ‘n Slegte ma maak nie lysies nie. ‘n Slegte ma neem nie haar kinders vir ‘n jaarlikse ondersoek nie. ‘n Goeie ma? Sy balanseer die lewe en die lysies.”
Stry durf ek nie; frommel net die lysie tussen my vingers. Hierdie naweek fokus ons op die lewe.
Tot volgende week,
Marí
www.incontext.co.za
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.