kategorieë: KalenderOntspanning

Die lekkerste maniere om kinders besig te hou hierdie wintervakansie

Die lekkerste maniere om kinders besig te hou hierdie wintervakansie deur Melissa Myburgh

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dis skoolvakansie en as jy nie ’n idee het hoe om die kinders besig te hou nie, is daar hoop. Hier is ’n paar programme en aktiwiteite wat hulle besig sal hou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kuns- en handwerkbenodigdhede

The Crazy Store sal die kleingoed besig hou met produkte soos handwerk- en glansstofstelle en ’n oulike stel waarmee kinders ’n liewenheersbesie kan maak.

Kuns en handwerk is die perfekte vermaak wat klein breintjies aktief sal hou, en jy kan saam met hulle aan die pret deelneem om dit vir hulle ekstra spesiaal te maak. The Crazy Store het meer as 370 winkels landwyd. Gaan maak ’n draai, daar is iets vir die hele gesin.

  1. Maak jou eie liewenheersbesie-sak, R59,99
  2. Colour My Bag; verskillende ontwerpe, R35,99 elk
  3. Kuns- en handwerkverskeidenheidspak, R29,99
  4. Skilderdoeke vir klein kunstenaars, vanef R9, 99 – R29,99

Lees ook: Die lekkerste handwerk-aktiwiteite om kinders mee besig te hou hierdie vakansie

Probeer hierdie lekker happies

Min dinge is so lekker soos ’n soet bederfie tydens die wintervakansie! Daar is ’n paar lekker nuwe soetighede op die mark wat die jongspan op die proef kan stel.

Nuwe Tinkies Half & Half is ’n mega-lekkerte. Dit kombineer gunsteling-geure in ’n splinternuwe aanbieding – van R6,99 elk en R39,99 vir ’n pakkie van ses, beskikbaar by voorste kruidenierswarewinkels.

Probeer die nuwe Sparkling Cappy suiwer vrugtesappe. Beskikbaar in 330 ml-blikkies in heerlike geure, soos mango-en-lemoen of ’n ontbytmengsel en nog meer.

Vir Twix-liefhebbers is daar ’n nuwe beperkte uitreiking van karamel-en-koekie-stafies wat met ryk wit sjokolade bedek is. Die verleidelike Twix® White bevat die klassieke brosbrood wat in goue karamel toegevou is en met ryk wit sjokolade bedek is – beskikbaar by winkels landwyd.

Vermaak: Die lekkerste besigbly-geleenthede vir jou kinders hierdie wintervakansie

Kirstenbosch Nasionale Botaniese Tuin bied sy jaarlikse Winter Wonder-program aan. Toegang is gratis vir kinders jonger as 17 jaar. Daar is ’n heerlike kinderprogram gelaai met pret-aktiwiteite by die Moyo Kirstenbosch-restaurant. Dit sluit dromsessies, kuns en handwerk, flieks, pretritte en vele meer in. Gewis iets om nie mis te loop nie!

Vir nog meer buitemuurse bedrywighede loer hier

En iets vir die grootmense …

Daar is darem ook iets spesiaals vir ouers wat ná ’n besige pretdag saam met die kinders moeg is. Geniet die nuwe beperkte uitreiking van Lindt-sjokolades. Daar is CREATION Strawberry Macaron, ’n ekstra fyn melksjokolade gevul met ’n aarbei-ganache, stukkies koekies en meringue; CREATION Vanilla Macaron is gemaak van romerige sjokolade met ’n vanielje-ganache en stukkies koekies en meringue; en CREATION Pistachio Delight, ’n donkersjokolade met ’n pistasie-gegeurde vulsel en amandelstukkies. Die sjokoladereeks is beskikbaar by Woolworths teen R69,95 per staaf.

’n Moeë mamma kan ook saans lekker ontspan deur te luister na ons splinternuwe podsendingskanaal, rrRADIO! Ons het drie reekse waarna jy kan luister: loer hier om meer uit te vind en te begin luister.

Raai, raai wat is op pad by Makro?

Daar was onlangs weer groot pret vir kinders by die Makro Riversands. Hulle tweede Top Rated by Kids-funksie is op 22 Junie aangebied en meer as 200 kinders het die geleentheid gehad om speelgoed uit te toets wat nog nooit in Suid-Afrika te sien was nie.

Onder die kinders was 150 kompetisie-wenners en 30 kinders van die Nelson Mandela Foundation, Hope Worldwide en die Tomorrow Trust.  Altesame 21 junior joernaliste het ook deelgeneem. Die deelnemers was tussen vier- en twaalf jaar oud.

By laasjaar se geleentheid is Kurio Connect van Lacey’s as die nommer-een speeding in Suid-Afrika aangewys. Almal wag nou met opgehoue asems om te hoor wat vanjaar die top-speelding in die land gaan wees – net betyds vir Kersfees en die somervakansie! Dié speelding word in Oktober bekend gemaak.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

5 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

11 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

12 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

12 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

13 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

13 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.