1 Verhit die olie in ’n groot sopkastrol en braai die vleis daarin tot goudbruin. Voorverhit die oond tot 220 °C en voer ’n bakplaat met bakpapier uit.Die lekkerste, dikste lensiesop met parmesaandoopstokkies
Ingredients
Instructions
2 Voeg die ui, knoffel, wortel, seldery, prei en botterskorsie by en braai vir 5 min.
3 Voeg die heel tamatie, water en lensies by. Die groente en vleis moet bedek wees met water, so afhangende van die grootte van jou kastrol, sal jy dalk nog water moet byvoeg.
4 Geur met die lourierblaar, ? bietjie sout en kook vir 15 min. Verlaag die hitte en laat prut vir 2 uur tot die lensies gaar is.
5 Strooi die pietersielie oor, roer een keer deur en sit met die parmesaan-doopstokkies voor.Parmesaandoopstokkies
1 Rol 1 rol blaardeeg liggies op ’n skoon, meelbestrooide werkvlak uit.
2 Verf liggies met eier, sprinkel die parmesaan oor en geur met paprika, swartpeper en sout.
3 Rol die ander rol blaardeeg op die meelbestrooide werkvlak uit. Verf liggies met eier en sit op die ander vel blaardeeg. Rol weer liggies uit.
4 Sny die deeg in ? netjiese reghoek. Sny in 2 cm-stroke en draai ’n paar kinkels in elke strook. Sit op die bakplaat en verf met die res van die eier, en strooi nog sout oor.
5 Bak vir 8-10 min. tot goudbruin. Haal uit en laat afkoel. Sit met die lensiesop voor.