kategorieë: Ons menseBekendes

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar nie. Vir Elsabe Marais (Lida Botha) is dit ’n tydkapsule vol herinneringe aan haar oorlede man, wat gereeld saam met haar avonture in dié motor aangepak het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Saam met drie bejaarde vriendinne onderneem die koppige Elsabe ’n reis deur die Karoo om ’n meteorietstorting in Sutherland te beleef. Die res van die onwaarskynlike viertal is Anna (June van Merch), Elsabe se inmengerige buurvrou, die flambojante Mienkie (Susanne Beyers) en teruggetrokke Katie (Theresa Sedras). Hulle moet binne drie dae by Sutherland uitkom terwyl hulle Elsabe se oorbeskermende seun Wikus (Jacques Bessenger) probeer ontduik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Lees ook: PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die Kwiksilwers het by verlede jaar se Silwerskermfees die toekenning as die gehoor se gunsteling gewen, en nou is dié sielvolle drama-komedie op pad filmteaters toe. Dit begin op 1 Mei landwyd in teaters wys.

Lees ook: Koopgids: Ietsie spesiaals vir Ma

Jordy Sank, Gabriella Blumberg en Marista van Eeden, wat vir ’n Silwerskermtoekenning vir beste draaiboek benoem is, wys met dié rolprent dat die ouderdom g’n rede is om te gaan lê nie.

“Lida was in haar laat tagtigs toe ons die fliek geskiet het, maar sy was die mees energieke persoon op stel! Al die vroue, ook June, Susanne en Theresa, het soveel bygedra tot die drama én die komedie,” sê Jordy. “Hulle het vir soveel van die fliek se persoonlikheid en vreugde gesorg en gewys mens is nooit te oud om iets nuuts te leer en nuwe ervarings te hê nie.”

Hy is vol lof vir wat die Silwerskermfees vir Suid-Afrikaanse stories beteken.

“Ek dink dit is een van die belangrikste filmfeeste in Suid-Afrika omdat dit vir jong filmmakers die geleentheid gee om hul stem te laat hoor, meer as enige ander bemarkingsplatform op die kontinent. Dit gee my die geleentheid om flieks te skep wat nie andersins gemaak sou kon word nie. Ek is baie dankbaar vir die platform om al hierdie interessante verhale te kan vertel.”

Die Kwiksilwers het benewens die toekenning as die gehoor se gunsteling, nog twee toekennings by die Silwerskermtoekennings gewen – vir beste klankontwerp (Sound Surgeon Studios en Morné Marais) en beste grimering en haarstilering (Hanri Neethling). Jordy is benoem as beste regisseur, Susanne as beste vroulike byspeler en Lida en June in die kategorie vir beste aktrise. Die fliek is ook as beste speelfilm benoem.

Die film word deur Filmfinity versprei.

Die Kwiksilwers gee Suid-Afrikaners die perfekte geleentheid om hul vriende en families te gryp vir ‘n lekker padreis na die fliekteater.

Lees ook: The Mommy Club se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Die Kwiksilwers begin op 1 Mei landwyd in rolprentteaters wys.

Lees ook: Wen groot met The Harvest Table!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 hours Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

3 hours Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

3 hours Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

6 hours Gelede

Hoekom jy nie moet oefen as jy griep of verkoue het nie

Griep en oefen is nie maats nie. Sommige griepvirusse kan selfs jou hartspier aantas en…

7 hours Gelede

Egskeiding hoef jou nie te breek nie: 10 wenke

Egskeiding is nie die einde van die wêreld nie. Jy hoef nie te krepeer nie…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.