Ons skoonheidstorie in die November 2017-uitgawe handel oor die kuns van parfuum. rooi rose-skoonheidsredakteur Suzanne Kotzé deel haar ervaring tydens ’n besoek aan die Le Grand Musée du Parfum in Parys plus gesels oor ou en nuwe parfuumgiere wat elke vrou sal verlei.
Die model, Emma van Max, het dié asemrowende foto perfek laat werk. Cheryl Parker van Supernova was verantwoordelik vir haar hare en grimering en fotograaf Kristina Stojiljkovic het die oomblik vasgevang. Het jy ooit gedink die maak van ’n foto kan so baie elemente bevat? Kyk net hier …
Kry ons November 2017-uitgawe met Hanna Grobler op die voorblad en lees die skoonheidsartikel, “Die kuns van parfuum”, op bl. 62.